*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

(Damesdaghuis | Paarl-kampus)

Die waterlelie is ʼn eiesoortige blom. Van haar besondere skoonheid, die manier wat sy grasieus op die wateroppervlak dryf en haar wortels sterk anker. Dié unieke blom gedy waar ander plante nie kan nie, en dien as ʼn simbool van veerkragtigheid, suiwerheid en stille krag. Die waterlelieblom op Huis Waterlelie se handelsmerk weerspieël hierdie eenvoudige elegansie. Die kleurpalet van liggeel, waterblou en wit is verder geïnspireer deur die blom en haar watertuiste.

Koshuisouer

CAITLYN DREYER || Adviseur: Bemarking

Vir Dreyer is Huis Waterlelie ʼn besonderse plek van behoort – veral omdat dit ʼn daghuis is waar studente wat nie saam woon nie, steeds deel kan vorm van die hart van Akademia se bruisende studentelewe. As daghuisouer wil sy help om ʼn ruimte te skep waar studente mekaar beter kan leer ken, saam kan lag en deel wees van iets groter as hulself. “Ons skryf saam aan herinneringe wat studente nog vir jare gaan koester,” sê Dreyer. Soos die waterlelie wat op die water blom, hoop sy dat Huis Waterlelie ʼn plek sal wees waar elke student sal groei, floreer en hul plek vind.

Algemene vrae

WAT IS ʼN DAGHUIS?

Die doel van ʼn daghuis is om vir studente wat deel van ons voltydse kampusmodel is, maar nie in ʼn inwoonkoshuis bly nie, die geleentheid te bied om die pret van die koshuis- en studentelewe te geniet. Sodoende kan die studente koshuisaksies, dinees en alle kultuur- en sportfunksies van die daghuis bywoon en deel vorm van ʼn unieke en besondere koshuiskultuur.

WAAROM MOET EK DEEL WEES VAN ʼN DAGHUIS

Die waarde van daghuise kan nie genoeg beklemtoon word nie. Akademia se vormingsideaal spreek tot die vorming van denke én hart, en in dié roeping speel koshuisstrukture ʼn belangrike rol.

Daghuise bied aan studente die geleentheid om heelhartig deel te word van ʼn unieke koshuiskultuur en stel hulle in staat om só Akademia se bruisende studentelewe eerstehands te ervaar. Nóg ʼn voordeel wat ʼn daghuis ontsluit is die daarstelling van ʼn is die gemeenskapsgevoel wat in koshuisverband gekweek word wat pragtig aansluit by Akademia se roeping as ʼn onafhanklike hoëronderwysinstelling vanuit en vir Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap.

WAAR IS DIE DAGHUIS GELEË

Die daghuis het nie ʼn spesifieke gebou waar studente woon of heeldag moet wees nie, maar daar is wel ʼn huiskomiteekantoor op die Paarl-kampus waar die HK gevind kan word.

Studenteondersteuning

Kontak ons by studenteondersteuning@akademia.ac.za om die volgende ondersteuning te ontvang:

beradingsdienste
(vir persoonlike en/of emosionele uitdagings)

akademiese stres

tydsbeplanning

uitdagings om aan te pas in die nuwe lewensfase

basiese onderrig-en-leer-ondersteuning

Kontak die koshuisbestuur by paarlkoshuisadmin@akademia.ac.za vir enige navrae.

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 

Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.