*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur
Gepubliseer op: 21 Mei 2026
Wanneer wêreldgebeure ontvou, politieke spanning toeneem of internasionale magsverskuiwings plaasvind, soek joernaliste dikwels kundiges wat die groter prentjie kan help verduidelik. By Akademia is prof. Theo Neethling, senior dosent: Sosiale Wetenskappe by die instelling se Paarl-kampus, een van daardie stemme wat gereeld vir kommentaar en ontleding genader word.
Mediakennerstatus verg tyd en toewyding
Neethling, wie se navorsingsfokus die soeklig op Suid-Afrika se buitelandse beleid, konflik in Afrika, die kontinent se rol in die internasionale gemeenskap en politieke risikoanalise skyn, meen dat mediakennerskap ʼn lang aanloop het. “Mediakennerstatus is die uitkoms van jare se toegewyde akademiese werk en nie nét doelbewuste selfbemarking nie,” sê Neethling. Hy voeg by dat die boustene van diesulke kundigheid onder meer volgehoue navorsing, sterk professionele netwerke, gereelde publikasies en die vermoë om ingewikkelde idees helder te kan verwoord, insluit.
Toe Neethling die akademie in 1997 betree het, is hy van meet af aangemoedig om referate te lewer en vakbyeenkomste en kongresse by te woon. Dit is dan ook binne hierdie ruimtes wat hy professionele verhoudings kon smee, kollegas kon ontmoet en deel kon word van groter gesprekke binne sy spesialisveld. Gedagtig hieraan beklemtoon Neethling die realiteit dat geen akademikus in isolasie kan (en moet) funksioneer nie.
ʼn Diens aan jouself asook die gemeenskap
Maar waarom is dit belangrik dat akademici aan openbare debatte deelneem? Neethling meen dat in ʼn tyd waarin menings dikwels vinniger as feite versprei, akademici ʼn noodsaaklike rol speel om feitegedrewe perspektief asook konteks tot openbare gesprekke by te dra. In die lig hiervan glo hy dat kennerskap in die openbare sfeer daarom nie nét ʼn persoonlike loopbaanvoordeel inhou nie, maar óók ʼn diens aan die gemeenskap.
Hierdie openbare rol begin egter nie by mediablootstelling nie, maar wel by ʼn stewige akademiese grondslag en ʼn bereidheid om deel te neem aan professionele gesprekke – plaaslik én internasionaal.
Sigbaarheid gaan hand aan hand met volhoubare bydraes
Neethling vertel dat joernaliste hom aanvanklik begin kontak het nadat hy self oor aktuele sake begin skryf het. Deur gereelde bydraes tot gevestigde publikasies te lewer het sy naam geleidelik verbind geraak aan dié van ʼn kenner met insig en konsekwente ontledings.
“Om gehoor te word, moet jy eers iets hê om te sê, en dit dan gereeld, verantwoordelik en relevant kommunikeer,” verduidelik Neethling. Die waarheid wat hierin opgesluit lê is dat ware kennerskap nie deur titels of menings alleen gebou word nie, maar deur volgehoue gehaltebydraes.
Die kuns om kennis toeganklik te maak
Een van die belangrikste vaardighede vir akademici wat in die media wil funksioneer, is die vermoë om tegniese kennis toeganklik sonder oppervlakkigheid te kommunikeer. Neethling beskryf dit as die “popularisering van navorsing”. Hierdie vaardigheid laat die kenner toe om, sonder om die inligting te verwater, dit verstaanbaar aan die man op die straat oor te dra.
Hy vervat hierdie vaardigheid in een goue reël: Skryf vir die publiek soos jy konsepte vir eerstejaarstudente sou verduidelik – helder, logies en sonder onnodige vaktaal.
Die boustene van geloofwaardigheid
Vir opkomende akademici begin geloofwaardigheid volgens Neethling by die neerlegging van die volgende boustene:
die uitbouing van professionele verhoudinge met redaksies en mediaverwante platforms.
Neethling wys daarop dat platforms soos Maroela Media, Netwerk24, LitNet en The Conversation waardevolle ruimtes bied waar akademici hul stem kan slyp en ʼn breër gehoor kan bereik.
Kritiek en konflik: Selfbeheersing en professionaliteit is die sleutel
Volgens Neethling bring openbare deelname onvermydelik kritiek mee, soms billik en soms nie. Sy raad is om nie emosioneel in openbare konflik ingetrek te word nie. Meningsverskille is normaal, veral in sosiale en politieke wetenskappe.
“Bly by die feite, handhaaf akademiese integriteit en moet nie aanvaar dat elke reaksie ʼn antwoord vereis nie,” sê Neethling en voeg by dat professionele selfbeheersing ʼn kerndeel van geloofwaardige kennerskap uitmaak.
Topvyfwenke vir jong akademici
Neethling meen die volgende opsomming van wenke kan jong akademici help om hul kennerskap en mediavoetspoor doelgerig verder te onwikkel:
Hanteer kritiek met professionaliteit en selfbeheersing.
Kennerskap as ʼn roeping
Om as akademikus deel te neem aan die openbare debat is nie ʼn bysaak nie, maar ʼn verlengstuk van die akademiese roeping self, aldus Neethling. Wanneer kennis met integriteit, insig en verantwoordelikheid gedeel word, word die akademie ʼn aktiewe deelnemer aan die groter samelewing – presies daar waar dit die nodigste is.

Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.