*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

Inligtingsessie oor nagraadse diplomas aan Akademia

DATUM

Donderdag
5 November 2026

TYD

18:00-19:30

Lê die volgende bousteen van jou loopbaanreis neer

By Akademia glo ons dat ware kundigheid nie net in handboeke opgesluit lê nie, maar gestalte kry waar die teorie die praktyk ontmoet. Ons nagraadse diplomas is ontwerp as deurslaggewende boustene van jou loopbaan – dit bied jou die akademiese diepte om ingewikkelde vraagstukke te verstaan, gekombineer met die praktiese vaardighede om onmiddellik ʼn verskil in die werksplek te maak.

Tydens die inligtingsessies kan jy eerstehandse insigte van kundiges kry wat nie net doseer nie, maar self in die praktyk staan. Hiermee die vier nagraadse diplomas wat van toepassing is:

Nagraadse Diploma in Belasting

Nagraadse Diploma in Bemarkingsbestuur

Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde

Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur

Let daarop dat daar afsonderlike inligtingsessies op dieselfde tyd sal plaasvind vir elkeen van dié onderskeie programme. Indien jy in meer as een van hierdie programme belangstel, kan jy gerus die opnames ná afloop daarvan kyk.

DIE PROGRAM VIR DIE INLIGTINGSESSIE
  • ʼn Oorsig van Akademia.
  • Wat behels die spesifieke program?
  • Hoe werk die klasbywoning?
  • Hoe werk die aansoekproses?
  • ʼn Vraag-en-antwoordsessie om enige knaende navrae te beantwoord.
HOE WERK DIE REGISTRASIEPROSES VIR DIE INLIGTINGSESSIE?
  • Jy moet vooraf registreer om toegang tot die inligtingsessie te verkry.
  • Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik op “Bespreek”.
  • Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
MEER OOR AKADEMIA SE ONDERRIGLEERMODELLE

Besoek gerus ons webblad vir meer inligting oor Akademia se onderrigleermodelle.

Akademia bied ʼn verskeidenheid hoëronderwysprogramme aan om jou loopbaangereedheid te verseker. Lees meer hier.

Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 

Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.