Inligtingsessie oor nauurse studie aan Akademia in 2027
DATUM
Saterdag 5 September 2026
TYD
09:00-10:30
Jou drome is binne jou bereik ... Skop jou studiereis in 2027 af!
Akademia is sedert 2012 ʼn akademiese tuiste wat verskeie opsies vir studie bied. Die nauurse afstandsmodel is ideaal vir studente wat werk, of ander belangstellings nastreef terwyl hulle studeer.
Kom vind meer uit oor jou studiemoontlikhede vir 2027.
DIE PROGRAM VIR DIE INLIGTINGSESSIE
- ʼn Oorsig van Akademia
- Hoe werk die klasbywoning?
- Hoe werk die aansoekproses?
- ʼn Vraag-en-antwoord-sessie om enige knaende navrae te beantwoord.
HOE WERK DIE REGISTRASIEPROSES VIR DIE INLIGTINGSESSIE?
- Jy moet vooraf registreer om toegang tot die inligtingsessie te verkry.
- Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik op “Bespreek”.
- Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
MEER OOR AKADEMIA SE ONDERRIGLEERMODELLE
Besoek gerus ons webblad vir meer inligting oor Akademia se onderrigleermodelle.
Akademia bied ʼn verskeidenheid hoëronderwysprogramme aan om jou loopbaangereedheid te verseker. Lees meer hier.
Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

