*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

Soveel méér as net bakstene en beton: Bouwerk aan Akademia se nuwe kampus toon sigbare vordering

Gepubliseer op:  27 Maart 2026

Akademia se wêreldklas kampus in die ooste van Pretoria is lank nie meer nét ʼn grootse droom nie. Met die konstruksiefase wat in Januarie 2026 ʼn aanvang geneem het, begin die eerste sigbare tekens van vordering nou werklik vorm aanneem. Die fondasiefase van dié monumentale kampusontwikkeling is goed op dreef, met grondwerke en betonstortings wat die grondslag vir hierdie Afrikaanse studietuiste lê.

Volgens Henk Schalekamp, besturende direkteur van Kanton, die eiendomsbeleggingsmaatskappy verantwoordelik vir die ontwikkeling, verteenwoordig hierdie fase baie méér as net blote bouwerk. Dit verteenwoordig die totstandkoming van ʼn dinamiese ruimte waarbinne jongmense, vir geslagte om te volg, gevorm sal word, waar akademiese en kulturele ontwikkeling doelgerig sal plaasvind en waar die toekoms hoopvol gestalte sal kry.

“Elke nuwe ontwikkeling op die kampusterrein getuig van momentum, toewyding en doelgerigtheid met verskeie konstruksiespanne wat daagliks saamwerk om ʼn blywende nalatenskap tot stand te bring,” sê Schalekamp. Hy meen voorts dat die goeie vordering van dié wêreldklas leefruimte vir Afrikaans ʼn betekenisvolle bydrae tot nie nét hoër onderwys sal lewer nie, maar óók tot Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe.

Op sy beurt meen Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, dat daar oor die bestek van die volgende twee jaar nie nét ʼn kampus gebou word nie, maar dat ʼn gemeenskap geïnspireer word om die toekoms doelgerig vir hulself te verwesenlik. “Op die oomblik geniet die konstruksiefase aandag en word daar onverpoosd gewerk om dié kampusdroom te verwesenlik. In die agtergrond is Akademia egter ook besig om skouer aan die wiel te sit om gereed te wees om die nuwe kampus in 2028 te betrek,” sê Visser. Hierdie voorbereiding sluit onder meer in: verdere dinamiese programontwikkeling, aktiwiteite wat Akademia as gemeenskapsinstelling verder vestig asook strategieë om studentegetalle uit te brei. “Ons staan op die drumpel van die verwesenliking van ʼn ongelooflike droom, en is opgewonde oor elke bousteen wat vir die toekoms neergelê word,” voeg Visser by.

Argitektoniese en ingenieursomvang

Die konstruksiefase verteenwoordig die kern van die toekomstige kampus en ontsluit ʼn beleggingsomvang van R1,8 miljard. Dit sluit talle moderne lesingslokale in, gevorderde laboratoria, toegewysde navorsingsruimtes, personeelruimtes asook verskeie ondersteuningsfasiliteite. Die ontwerp sal voorts die integrasie van innoverende ruimtes, tegnologie en menslike interaksie beklemtoon.

Enkele infrastruktuurhoogtepunte in dié fase sluit in:

  • ʼn Studentesentrum van 2 500 vierkante meter as die sosiale spilpunt van die kampus.
  • Koshuise vir sowat 750 studente waarna die kapasiteit gedurende die tweede fase tot 1 500 uitgebrei sal word.
  • ʼn Indrukwekkende toegangspunt tot die akademiese kampus, Die Poort, wat uit agt boë van 18 meter elk bestaan.
  • ʼn Kapelplein omring deur waterkanale en pragtuine, sal die betekenisvolle middelpunt van die kampus se geestelike en seremoniële aktiwiteite wees.
  • ʼn Imposante koepelstruktuur van glas en staal (20 meter hoog en 32 meter in deursnee) sal tot die klassieke argitektoniese bouplan bydra.
  • ʼn Amfiteater met ʼn kapasiteit vir 1 500 mense as kultuur- en saamkomsruimte.

Die ingenieursomvang van die projek word deur die skaal van die voorgestelde ontwikkeling beklemtoon en hoogtepunte in dié verband sluit in:

  • die verskuiwing van meer as 220 000 kubieke meter grond;
  • die aanlê van meer as 23 kilometer se ondergrondse pype;
  • ʼn waterbergingsvermoë van 19,3 miljoen liter;
  • die gebruik van ongeveer 7,1 miljoen bakstene;
  • die aanlê van 40 kilometer se optiese vesel; en
  • die ontwikkeling van sowat 30 000 vierkante meter se teerpaaie.

Die hoofkontrakteurs vir hierdie fase is JC van der Linde en Venter Bouers, wat ook verantwoordelik was vir die suksesvolle aflewering van die Sol-Tech-kampus. Besoek die Akademia-webblad vir meer inligting oor die Toekomsbouer™-veldtog, en hoe om betrokke te raak.

Hommeltuigbeeldmateriaal toon die konstruksievordering wat reeds vermag is op die gronde van Akademia se nuwe wêreldklas kampus wat in die ooste van Pretoria.

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.