Search
Close this search box.

Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde

Die Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde rus ʼn student toe met ʼn fundamentele begrip omtrent belasting, bestuursrekeningkunde, finansiële rekeningkunde en ouditering. Hierdie program berei ʼn student voor vir ʼn suksesvolle loopbaan in boekhoukunde.

WAT KAN EK MET MY HOËR SERTIFIKAAT IN REKENINGKUNDE DOEN?

Die Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde is ʼn praktykgerigte program op NKR-vlak 5. Dit gee ʼn suksesvolle student toegang tot verdere diploma- en graadstudie in die rekeningkundige wetenskap. Ná die voltooiing van hierdie program, sal ʼn student klerikale boekhoufunksies suksesvol kan verrig.

Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (Financial Sector Conduct Authority – FSCA), voorheen bekend as die Finansiëlediensteraad (Financial Services Board – FSB), erken die Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde ingevolge hul geskiktheidsvereiste. Dit beteken dat studente wat die program voltooi het, voldoen aan die FAIS se wetlike vereiste vir ʼn kategorie I-finansiëlediensteverskaffer, verteenwoordiger en sleutelindividu.

WAT BEHELS DIE PROGRAM?

NKR-vlak 5

130 krediete

SAKO-nommer: 86487

ONDERRIGLEERMODEL: Nauurse afstandsmodel

KWALIFISEER EK OM ‘N HOËR SERTIFIKAAT IN REKENINGKUNDE TE STUDEER?

MODULES

Die module bied aan studente kennis van finansiële rekeningkunde, asook die toepassing van hierdie beginsels in ’n organisasie.

Die module bied aan studente kennis en vaardighede om kosterekeningkundige beginsels toe te pas.

Die module bied aan studente ’n begrip vir die basiese beginsels van ekonomiese besluitneming, ekonomiese wisselwerking en hoe die ekonomie in geheel funksioneer.

Die module bied ’n begrip vir inligtingstelsels wat in ’n sakeomgewing toegepas word.

Die module rus studente toe met kennis en vaardighede om basiese belastingbeginsels toe te pas.

Die module behandel die beginsels en prosesse wat met eksterne oudit verband hou.

Die module weerspieël die wetlike raamwerk vir sakeondernemings en behandel die grondslag van kommersiële aktiwiteit. Dit sluit wetlike aspekte oor kontrakte en indiensneming in, asook die finansiering, administrasie en bestuur van maatskappye.

Die module bied die kennis en vaardigheid om algemene berekeninge wat in sakeondernemings gedoen moet word, toe te pas.

ANDER INLIGTING

Die program kan in ’n minimum tydsduur van een jaar voltooi word. Die maksimum toelaatbare tyd vir voltooiing is drie jaar.

Toelatingsvereistes

  • Nasionale Senior (NSS) wat diploma- of hoër sertifikaat-studies spesifiseer met minstens 50% in die onderrigtaal van Akademia.
  • OF vlak-4 beroepsgerigte Nasionale Sertifikaat met minstens 50% in die onderrigtaal van Akademia.

Programkoste vir 2025

Jaar een: Vanaf R42 250

Handboeklyste word na suksesvolle registrasie aan studente gekommunikeer.

Nauurse afstandsmodel: Semester 1

Nauurse afstandsmodel: Semester 2

DOEN NOU AANSOEK OM ‘N HOËR SERTIFIKAAT IN REKENINGKUNDE TE STUDEER

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.