*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

Studiedeure vir 2026 nog wawyd oop by Akademia

Gepubliseer op:  29 Januarie 2026

Terwyl die vreugdesvure vir die matriekklas van 2025 nog hoog brand, staar die realiteit van beperkte toegang tot naskoolse hoër onderwys baie skoolverlaters in die gesig. Dit word beraam dat van die 345 000 skoolverlaters, wat met universiteitstoelating geslaag het, slegs ongeveer 230 000 by plaaslike openbare universiteite sal kan studeer vanweë kapasiteitsbeperkings. Op die keper beskou beteken dit dat 116 000 voornemende eerstejaarstudente vir die 2026- akademiese jaar nie hul studiedrome sal kan verwesenlik nie.

Wat hierdie situasie verder vererger is die feit dat meeste van hierdie 2025-matrikulante daarna streef om by die groot universiteite wat in die metro’s geleë is, in te skryf. Die tien sogenaamde metro-universiteite kan gevolglik ook slegs ongeveer 70 000 eerstejaars inneem.

Tog het hierdie oënskynlike donker wolk ʼn silwer randjie – soos wat die staat sukkel om ʼn universitêre aanbod van hoë gehalte te behou en uit te bou, het die privaat sektor reeds rondom 137 onafhanklike hoëronderwysinstellings daargestel wat groter toegang vir hierdie voornemende studente bied. Volgens Marthinus Visser, die besturende direkteur van Akademia, gee hierdie privaat instellings vanjaar toegang tot ongeveer 280 000 studente en bespaar só die staatskas ongeveer R12 miljard in subsidies en ʼn verdere R8 miljard in lenings deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS).

Visser verduidelik dat privaat hoëronderwysinstellings vanaf 2010 tot op hede eksponensiële groei ervaar het met kapasiteit wat vanaf 90 000 tot 286 000 vermeerder het. Volgens Linda Meyer, besturende direkteur van ADvTECH se Onafhanklike Onderwysinstituut (Independent Institute of Education – IIE) toon vooruitskattings dat onafhanklike hoër onderwys die openbare universiteitstelsel wat totale inskrywings betref tussen 2045 en 2049 kan verbysteek.

Die matriekklas van 2025 het uitstaande prestasies behaal. Hul slaagsyfer van 88% word deur die Nasionale Departement van Basiese Onderwys as die hoogste slaagsyfer in die geskiedenis van Suid-Afrika bestempel. Hierdie groep matrikulante verdien sonder voorbehoud die kans om hul studiedrome na te jaag.

Suid-Afrika se onafhanklike hoëronderwysinstellings bied in hierdie opsig vir voornemende studente die kans van ʼn leeftyd. Een so ʼn hoëronderwysinstelling is Akademia, ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike instelling vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia is steeds besig om sy horisonne te verbreed met die oog op verdere vooruitgang en groei. Die boustene van hierdie vooruitgang lê in sy splinternuwe Paarl-kampus wat vanjaar sy deure geopen het, sowel as die nuwe wêreldklas kampus wat tans in Pretoria gebou word met vooruitsigte om vanaf 2028 studente te verwelkom.

Die instelling voeg voortdurend nuwe programme by sy reeds dinamiese programaanbod en het dié jaar op ʼn hoë noot begin deur ʼn splinternuwe program, die Nagraadse Diploma in Bemarkingsbestuur, bekend te stel.  

Akademia bied verskeie programme vanuit vyf fakulteite naamlik Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Opvoedkunde en Regsgeleerdheid. Studente kan ook tussen een van twee onderrigleermodelle kies – die voltydse kampusmodel of die nauurse afstandsmodel. Laasgenoemde bied aan studente die geleentheid om te studeer én te werk, of voltyds ander belangstellings, soos sport, na te volg.

Akademia as hoëronderwysinstelling kan voortaan die oplossing wees tot die uitdaging van toegang tot gehaltehoëronderwys. Studieaansoeke vir die 2026- akademiese jaar sluit op 30 Januarie. Besoek gerus die webblad vir meer inligting.

*South African Government News Agency

Akademia bied aan studente wat in 2026 wil studeer ʼn oop deur tot verdere naskoolse studie met studieaansoeke wat op 30 Januarie sluit, in teenstelling met die meeste openbare universiteite wat se aansoeke reeds gesluit het.

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.