*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

Eerstejaarskamp 2026: Pretoria-Fonties bou aan lewenslange vriendskappe

Gepubliseer op:  23 Januarie 2026

ʼn Rekordgetal van byna 500 blinkoog eerstejaars het op Dinsdag 20 Januarie met groot opwinding op Akademia se jaarlikse eerstejaarskamp vertrek. Dié kamp word vanjaar vir die sesde opeenvolgende jaar vir voltydse Pretoria-kampusstudente, sowel as nauurse afstandstudente aangebied.

Volgens dr. Heleen Coetzee, hoof: Studentesake by Akademia, is die eerstejaarskamp, wat vanaf 20 tot 23 Januarie by Zwartkloof Private Game Reserve Estate in Bela-Bela aangebied is, ʼn hoogtepunt op die instelling se studentelewekalender. “Die eerstejaarskamp het ten doel om eerstejaarstudente aan Akademia en hul medestudente bekend te stel. Hier kan studente ware Fontie-wees ontdek en ook lewenslange vriendskappe bou, terwyl hulle natuurlik hope pret het!”

Die kamp se program was gevul met ʼn verskeidenheid aktiwiteite, onder andere spanbou, tromsirkel, hindernisbane en ʼn onvergeetlike kampvuursaamsing waar die eerstejaar-Fonties saam met Stefan Jansen FAK-liedjies gesing het. Daar was ook verskeie waardetoevoegende sessies waar studente meer by kenners kon leer en saamgesels oor onder andere identiteitsontwikkeling en groei.

Coetzee noem dat Akademia se jaartema vir 2026, Boustene vir ons toekoms, regdeur die eerstejaarskamp verweef was. “Ons was bevoorreg om te sien hoe eerstejaarstudente die eerste boustene vir hul eie toekoms, sowel as vir die toekoms van die gemeenskap, neergelê het. Hulle het dit gedoen deur passievol deel te neem aan die verskeidenheid aktiwiteite en daardeur het hulle ook in hul eie groei en identiteitsontwikkeling belê,” noem Coetzee. “Ons kon ook met trots waarneem dat die senior studente, wat as kampfasiliteerders opgetree het, waarlik eienaarskap geneem het om van die kamp só ʼn groot sukses te maak.”

Kyra Strauss en Sophia Coetzee, beide BCom (Ondernemingsbestuur)-eerstejaars, noem dat die eerstejaarskamp vir hulle uitgestaan het omdat hulle in die oomblik nuwe vriendskappe en verhoudings moes bou met mense van dwarsoor die land en selfs vanuit Namibië. Vir Chris Bredenkamp, ʼn eerstejaar-Fontie op die nauurse afstandsmodel, het die samewerking van die groep en die spanbou die kamp vir hom besonders gemaak.

“Ons is só dankbaar om soveel nuwe Fonties by ons familie te kon verwelkom en ons kan nie wag om hul groei en vorming deur hul studiereis dop te hou nie,” sluit Coetzee af. “Ons is natuurlik ook baie opgewonde om die pionier-Fonties te ontmoet wat die heel eerste eerstejaarskamp in die Paarl gaan bywoon!” Indien jy ʼn Paarl-Fontie is wat nog nie jou plek vir die eerstejaarskamp, wat vanaf 27 tot 30 Januarie plaasvind, bespreek het nie, klik hier om jou kaartjie te koop. Besoek gerus Akademia se sosialemediaplatforms vir foto’s en video’s oor die Pretoria- en Paarl-eerstejaarskampe waar lewenslange vriendskappe, herinneringe vir ʼn leeftyd en ʼn ware gevoel van behoort gebou word.

Byna 500 eerstejaar-Fonties het die sesde eerstejaarskamp vir die Pretoria-kampusse bygewoon.
Lewenslange vriendskappe is tydens die eerstejaarskamp gebou.
Fonties het deelgeneem aan ʼn verskeidenheid van spanbouaktiwiteite, onder andere ʼn hindernisbaan, wat vir groot opwinding gesorg het.
ʼn Hoogtepunt en tradisie van die eerstejaarskamp is die kampvuuraand waar die Fonties heerlik saam kon sing en verhoudings bou.

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.