*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur
Gepubliseer op: 23 Januarie 2026
Studentwees behels soveel méér as net studie. Akademia bied aan studente die geleentheid om gehalteonderrig te ontvang, terwyl hulle aan ʼn bruisende studentelewe deelneem. Voornemende studente en ouers word uitgenooi om eersdaags Fontie-wees te kom ervaar tydens die jaarlikse kampusopedae wat onderskeidelik in die Paarl en Pretoria aangebied word.
Dié instelling bied die ideale studietuiste waar studente se denke én hart gevorm word met die oog op ʼn betekenisvolle toekoms. Voornemende studente en hul ouers sal tydens die kampusopedae op 20 en 21 Maart (Paarl) en 24, 25 en 27 April (Pretoria) meer te wete kom oor die instelling se bestaansrede, studiemoontlikhede, finansiële en administratiewe ondersteuning, koshuisverblyfopsies én die instelling se unieke studentweeservaring.
“Akademia bied ʼn verskeidenheid programme vanuit vyf fakulteite waarvan voornemende studente kan kies. Tydens die kampusopedae, sal voornemende studente en hul ouers die dosente kan ontmoet en eerstehands vanaf huidige studente hoor oor hul Fontie-ervaring,” verduidelik Lizán Maree, bestuurder: Bemarking. Besoekers kan uitsien na ʼn kampusopedagprogram propvol nuttige inligting. Talle inligtingstalletjies sal besoekers ʼn voorskou van die instelling se koshuislewe, georganiseerde studentelewe en ondersteuningsdienste bied.
“Ons nooi voornemende Fonties uit om die eerste bousteen vir hul toekoms te kom lê by een van ons kampusopedae. Ouers en voogde van voornemende studente sal ook ervaar hoe hul kind meer as ʼn nommer sal wees en deel sal word van die Akademia-familie waar hul studiedrome op ʼn uitnemende wyse verwesenlik sal word,” sê Maree.
Paarl-kampusopedag
Klik hier om vir een van die sessies op 20 en 21 Maart te registreer:
Sessie drie | Saterdag 21 Maart om 13:00
Pretoria-kampusopedag
Klik hier om vir een van die sessies op 24, 25 en 27 April te registreer:
Sessie drie | Maandag 27 April 09:00
Indien jy nie een van die kampusopedae kan bywoon nie, bespreek gerus ʼn konsultasiesessie met ʼn bemarkingsadviseur deur hier te klik. Akademia, boustene vir ons toekoms!
*Studente wat aan Akademia studeer word Fonties genoem. Dié eienaam is afgelei van die instelling se leuse, Ad futurum, per fontes – na die toekoms deur die bronne.


Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.