*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

Nagraadse Diploma in Bemarkingsbestuur

Die Nagraadse Diploma in Bemarkingsbestuur het ten doel om studente toe te rus met huidige bemarkingsbestuursteorieë, toepaslike beginsels, kennis, vaardighede en bevoegdhede om probleme binne ʼn globale besigheidsbestuurskonteks te ontleed en op te los, en om kreatiewe en inspirerende leiers in die bemarkingsveld te word. Verder sal studente navorsing doen op die gebied van bemarkingsbestuur, krities met verskeie data in verskillende formate omgaan, navorsingsbevindinge opskryf en bemarkingstrategieë ontwikkel op grond van hierdie bevindinge. Studente sal ʼn diepgaande begrip van bemarking as ʼn geïntegreerde, holistiese funksie in ʼn organisasie opdoen. Om leiers in bemarkingsbestuur te word, sal studente gelei word in self- en spanbestuur, inspirerende leierskap, kritiese, innoverende denke, kommunikasie en datageletterdheid.

WAT KAN EK MET DIE NAGRAADSE DIPLOMA IN BEMARKINGSBESTUUR DOEN?

Die Nagraadse Diploma in Bemarkingsbestuur sal gegradueerdes in staat stel om met gevorderde bemarkingskennis, -bestuursvaardighede, en -leierskapsvermoë baie goed te funksioneer in bemarkingsafdelings en -spanne as bemarkingsbestuurder, handelsmerkbestuurder, produkbestuurder, sosialemediabemarkingsbestuurder en besigheidsontleder in verskeie kontekste. Hierdie kontekste sluit klein- en mediumondernemings, bemarkingsagentskappe, finansiële dienste, asook die gasvryheidsektore in. Ná voltooiing van die Nagraadse Diploma in Bemarkingsbestuur met 65%-gemiddeld sal ʼn student ook in staat wees om ʼn meestersgraad met spesialisering in Bemarking of verwante bestuursvelde te doen. Hierdie program berei studente voor om leiding te neem, te vernuwe, en om ingeligte bemarkingsbesluite te neem wat tot besigheidsgroei en sosio-ekonomiese ontwikkeling lei.

 

WAT BEHELS DIE PROGRAM?

NKR-vlak 8

120 krediete

SAKO-nommer: 125055 

ONDERRIGLEERMODEL: Nauurse afstandsmodel

KWALIFISEER EK OM DIE NAGRAADSE DIPLOMA IN BEMARKINGSBESTUUR TE STUDEER?

MODULES

Bemarkingsleierskap fokus op die integrasie van bemarkingstrategie en leierskap om studente toe te rus om bemarkingspanne doelgerig te lei, ingeligte besluite te neem en volhoubare bemarkingsukses te dryf. Die klem val op leierskapsontwikkeling, kritiese denke, effektiewe kommunikasie en besinnende praktyk, sodat studente as bekwame bemarkingsbestuurders, spanspelers en leiers binne dinamiese organisatoriese en maatskaplike kontekste kan funksioneer.

Gevorderde Bemarkingsbestuur bou voort op kernbemarkingskennis en fokus op die strategiese rol van bemarking binne die breër konteks van die onderneming. Studente ontwikkel ’n diepgaande begrip van bemarkingstrategie, verbruikersgedrag, die bemarkingsmengsel en gevorderde bemarkingsteorieë, met klem op kritiese analise, vernuwende denke en etiese besluitneming. Die module rus studente toe om bemarkingsplanne doelgerig te ontwikkel, toe te pas en effektief te kommunikeer in uiteenlopende en dinamiese besigheidsomgewings.

Toegepaste Bemarkingsanalise fokus op die praktiese toepassing van datagedrewe insigte om bemarkingstrategieë, -veldtogte en -besluitneming te ondersteun. Studente ontwikkel die vermoë om bemarkingsdata krities te analiseer, te visualiseer en te interpreteer deur gevorderde analitiese tegnieke, instrumente en tegnologieë te gebruik. Die klem val op die oorbrugging van teorie en praktyk, effektiewe storievertelling met data en die ontwikkeling van uitvoerbare insigte vir komplekse bemarkingskontekste.

Toegepaste Bemarkingsnavorsingsprojek bied aan studente ’n geïntegreerde, praktykgerigte leerervaring waarin teoretiese bemarkingskennis binne ’n werklike besigheidskonteks toegepas word. Met ’n sterk Werkgeïntegreerde Leer (WIL)-komponent werk studente saam met bedryfsvennote oor verskeie sektore om relevante bemarkingsuitdagings sistematies te ondersoek, op te los en professioneel te kommunikeer. Die fokus val op navorsingsbeplanning, metodologiese verantwoordelikheid, data-analise en die ontwikkeling van uitvoerbare bemarkingsinsigte.

ANDER INLIGTING

Die minimum tydsduur vir die program is een jaar en die maksimum toelaatbare tyd vir die voltooiing van die program is twee jaar.

  • ʼn Toepaslike baccalaureusgraad (NKR-vlak 7) OF toepaslike gevorderde diploma (NKR-vlak 7) (verpligtend) met fundamentele besigheidsbestuur-, bemarkings- of kommunikasiemodules.
  • ʼn Minimum van 60%-gemiddeld in die finale jaar van voorgraadse studie asook fundamentele modules in bemarking.

Besoek die betalingsopsies-blad vir die nuutste programkostes.

Handboeklyste word ná suksesvolle registrasie aan studente gekommunikeer.

DOEN NOU AANSOEK OM ‘N NAGRAADSE DIPLOMA IN BEMARKINGSBESTUUR TE STUDEER

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.