Gepubliseer op: 23 Oktober 2025
In ʼn wêreld waar tyd as ʼn kommoditeit van onskatbare waarde beskou word, kan verdere studie soms soos ʼn luukse voel wat eerder vir “eendag” beskore is. Maar wat daarvan as dié dag vroeër eerder as later sy opwagting kan maak, en méér nóg, as die eerste tree op jou studiereis slegs ʼn uur uit jou besige skedule sal neem?
Akademia se aanlyn inligtingsessies oor studiemoontlikhede vir 2026 via die instelling se nauurse afstandsmodel bied aan jou ʼn maklik toeganklike manier om stukrag aan jou studiedrome te gee en só jou loopbaan verder uit te brei. Hierdie sessies bied ʼn gerieflike platform vanwaar jy meer oor die instelling as studietuiste, die verskillende akademiese programme, toelatingsvereistes, die aansoekproses asook die aard en wese van Fontie-wees kan leer – alles vanuit die gemak van jou eie leefvertrek. Op hierdie manier kan ʼn enkele uur se deelname die begin wees van iets veel groter, naamlik die verwerwing van ʼn toekomsgerigte en gehalte kwalifikasie terwyl jy werk of voltyds ander belangstellings nastreef.
Skryf die volgende aanlyn inligtingsessies in jou dagboek neer
Gevorderde Diploma in Projekbestuur
Nagraadse diplomas in Belasting en Bestuursrekeningkunde
Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur
BComHons (Ondernemingsbestuur)
Volgens Jeanmarie van Niekerk, leier: Bemarkingsadviseurs by Akademia, verg bywoning van ʼn aanlyn inligtingsessie nie baie van ʼn persoon nie, maar deelnemers kan verseker wees dat dit groot toekomswaarde inhou. “Deur bloot in te skakel, verkry jy insig oor Akademia, leer meer oor die verskillende programme, ontmoet dosente en huidige Fonties wat jou vrae kan beantwoord én kry ʼn realistiese blik op hoe jy jou studie in jou huidige lewensritme kan inpas. In kort: ʼn Gulde geleentheid om jouself prakties toe te rus vir jou studiereis,” verduidelik Van Niekerk.
Studieaansoeke vir die 2026- akademiese jaar word tans ingewag. Besoek die Akademia-webblad vir meer inligting.
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.