Inligtingsessie oor die Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur by Akademia in 2026

DATUM
Woensdag 19 November 2025

TYD
18:00-19:30
Beoog jy ʼn beroep in Skoolleierskap en -bestuur?
Die Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur is ontwikkel om werkende professionele opvoeders in staat te stel om betrokke te wees by gevorderde besinning en ontwikkeling deur middel van ʼn sistematiese opname van huidige denke en praktyk in die veld van opvoedkundige leierskap en bestuur.
Hierdie program sal die student se kennis op die gebied van opvoedkundige leierskap en bestuur versterk en verdiep, wat hulle in staat sal stel om leiers sowel as middelvlak- of senior bestuurders in hierdie professionele veld te word.
Indien jy daarin belangstel om die bostaande program in 2026 via die nauurse afstandsmodel by Akademia te studeer, woon die interaktiewe aanlyn inligtingsessie op Woensdag 19 November 2025 om 18:00 by.
DIE PROGRAM VIR DIE INLIGTINGSESSIE
- ʼn Oorsig van Akademia
- ʼn Programoorsig
- Hoe werk die klasbywoning?
- Hoe werk die aansoekproses?
- Wat is die toelatingsvereistes?
- By watter professionele liggame word die programme erken?
ʼn Vraag-en-antwoord-sessie om enige knellende navrae te beantwoord.
Let asb. daarop dat hierdie sessie SLEGS die bogenoemde program hanteer.
HOE WERK DIE REGISTRASIEPROSES VIR DIE INLIGTINGSESSIE?
- Jy moet eers vooraf registreer om toegang tot die inligtingsessie te verkry.
- Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik dan op Bespreek.
- Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
MEER OOR AKADEMIA SE NAUURSE AFSTANDSMODEL
Meer inligting oor die nauurse afstandsmodel is op die webblad beskikbaar.
Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE