Gepubliseer op: 14 Mei 2025
ʼn Afvaardiging van Akademia-studenteleiers, bestaande uit studenteraad (SR) en koshuishoofleiers, het vanaf 25 April tot en met 2 Mei ʼn geskiedkundige eerste skakeltoer oor die breedte en wydte van die land meegemaak. Die toerprogram het studente die geleentheid gebied om by ʼn verskeidenheid instellings in onder meer Pretoria, Potchefstroom, Udolpho, Orania, Sutherland, die Paarl, Stellenbosch en Bloemfontein aan te doen.
Dié toer en gepaardgaande ontwikkelingsgeleenthede vorm deel van die instelling se groter strewe om Fonties* as roepingsgedrewe volwaardige individue vir die toekoms voor te berei. Derhalwe vir leierskapsvernuf is daar óók tydens die toer op verdere karakterontwikkeling en die uitbouing van persoonlike netwerke gefokus.
Volgens Douard d’Assonville, bestuurder: Studentelewe en koshuise, is die skakeltoer op so ʼn wyse ontwikkel dat dit die deelnemende studenteleiers se perspektief verbreed – nie net wat hul eie kampuskultuur betref nie, maar ook oor leierskap en gemeenskap soos dit elders geleef en gebesig word. In die lig hiervan verteenwoordig die toer ʼn waardevolle én uiters betekenisvolle platform vir die uitbou van netwerke, die smee van nuwe vriendskappe en die ontginning van toekomstige samewerkingsgeleenthede met ander hoëronderwysinstellings en studentestrukture.
Die vraag na die “groter hoekom?”
D’Assonville vertel dat vanjaar se opleidingstema vir studenteleiers gegrond is in die vraag na die “groter hoekom?” Gedagtig hieraan verduidelik hy dat alle opleidingsgeleenthede benader word vanuit die instelling se vormingsideaal en dat die doel is om elke leier op ʼn intellektuele (denke) én emosionele (hart) vlak vir sy/haar roeping toe te rus. “Dit is vir ons belangrik dat studenteleiers ook met eksterne netwerke sal skakel ten einde hul eie hoekom-antwoorde te vind en sodoende hulself nie blind te staar teen hul eie persepsies en oortuigings nie,” sê D’Assonville.
Opsommend meen D’Assonville dat die toer die volgende interne doelstellings vir elke deelnemende studenteleier help verwesenlik het:
Die vestiging van die skakeltoer as ʼn jaarlikse prestasiegeleentheid waarna studenteleiers kan streef.
Op die keper beskou dien die skakeltoer die volgende oorkoepelende eksterne doelstellings:
Die bevordering van die instelling se posisionering binne die groter Suid-Afrikaanse hoëronderwyslandskap.
“As ons oor dié skakeltoer terugdink dan onthou ons nie nét ʼn reis oor afstand nie, maar ʼn reis van groei, identiteit en bowenal visie. Ons is opgewonde oor die potensiaal wat op hierdie manier ontsluit is en sien daarna uit om eerstehands te ervaar hoe ons leiers die toekoms doelgerig en met impak benader. Hierdie inisiatief verteenwoordig ʼn besliste en betekenisvolle tradisie in die toerusting van Akademia se studenteleiers,” sluit D’Assonville af.
*Fonties verwys na studente wat aan Akademia studeer. Dié eienaam is afgelei uit die instelling se leuse, Ad futurum per fontes – na die toekoms deur die bronne.
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2025 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.