*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

Woordmeesters

Die Akademia-woordmeesters, in samewerking met VivA en Pretoria FM, is ʼn opwindende taalkompetisie wat aan Afrikaans-liefhebbers die kans bied om hul kennis van idiome, spelreëls, gesegdes en taalfeite op die proef te stel en deel te wees van ʼn interaktiewe taalervaring. Die kompetisie het ten doel om Afrikaans te bevorder en vind jaarliks plaas.

Die 2025-kompetisie het van 2 Junie tot 6 Julie plaasgevind, met die finaal op 14 Augustus. Leer meer hier oor die 2025-finaal.

Bly ingeskakel en begin solank voorberei vir volgende jaar se uitdagings, dalk is jy die volgende woordmeester!

Kategorieë

1. Skoolleerders van graad 10 tot 12

2. Studente vanaf enige hoëronderwysinstelling

3. Publiek

Pryse om te wen

Kategorieë Eerste plek Tweede plek Derde plek
Skoolleerder
R2 500
R1 500
R1 000
Studente
R2 500
R1 500
R1 000
Publiek
R3 500
R2 500
R1 500

Skoolleerderkategorie (Graad 10 tot 12)

  • Een jaar se gratis toegang tot die Wolkskool-platform.
  • Die algehele kategoriewenner verkry gratis toegang tot ʼn Skryfnet-kursus van sy/haar keuse.
  • Twee digitale kopieë van VivA se Ontrafel Skryftekens.
  • Twee VivA-lisensies vir die gebruik van dié diens se Leesbaarheidsindeks.


Ander

  • Twee VivA-lidmaatskaplisensies ter waarde van R870 elk. Hierdie lisensies sal vir ʼn jaar geldig wees.
  • Vyf koeponne vir gebruik by VivA-uitgewers. Die ontvangers van hierdie prys kan self kies watter boek(e) hulle na wil luister óf lees.

Kontakbesonderhede

Stuur ʼn e-pos na nikkien@akademia.ac.za of skakel ons op 0861 222 888

Gereelde vrae en antwoorde

Dit is elke deelnemer se eie verantwoordelikheid om seker te maak dat hy/sy die finaal kan bywoon om in aanmerking te kom vir die pryse. Indien jy in die topdrie van jou kategorie eindig het jy 24 uur om die organiseerders in kennis te stel van jou bywoning, al dan nie. Indien jy nie die geleentheid kan bywoon nie verbeur jy ongelukkig jou plek in die finaal.

Elke aanlyn toets kan slegs een keer voltooi word en die stelsel laat nie veelvuldige probeerslae toe nie.

Nee, hierdie kompetisie word landwyd aangebied en enige belangstellende persoon kan in een van die gepaste kategorieë deelneem.

Ja, alle deelnemers moet geregistreer wees om in aanmerking te kom vir die pryse asook om die weeklikse aanlyn toets te voltooi. Klik hier om te registreer.

Moenie bekommerd wees as jy ʼn toetsgeleentheid misloop nie. Elke geregistreerde deelnemer het tot en met 6 Julie die geleentheid om al vyf die toetse te voltooi ten einde in aanmerking te kom vir die finaal.

Ongelukkig nie. Reiskostes bly elke individuele deelnemer se eie verantwoordelikheid.

Vennote
Borge

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.