Gepubliseer op: 24 April 2025
Die enigste manier om ʼn blink toekoms te verseker is om in die hede daarvoor te belê. Hierdie gewaarwording is veral van pas as dit kom by die verwesenliking van studiedrome en loopbaandoelwitte.
Gedagtig hieraan bied Akademia se sentrumopedag aan voornemende Fonties* die geleentheid om hulself nie nét deeglik te vergewis van hul studiemoontlikhede nie, maar óók om meer te wete te kom oor die instelling se twee onderrigleermodelle. Laasgenoemde verwys na die voltydse kampusmodel óf die nauurse afstandsmodel wat stukrag aan studiedrome bied en só studente – ongeag ouderdom, lewensfase óf geografiese ligging, toerus om die toekoms met selfvertroue tegemoet te stap.
Voornemende studente in Bloemfontein (Akademia-sentrum, The Towers-winkelsentrum, Bloemfontein), George (Akademia-sentrum, Joubert-plaza, George) en die Moot (Akademia-sentrum, Waverley Plaza) wat ʼn studiedroom vir 2026 koester moet solank registreer vir Akademia se sentrumopedag wat op Vrydag 16 en Saterdag 17 Mei 2025 gehou word. Tydens hierdie geleentheid sal belangstellendes meer oor die aard en wese van die instelling te wete kan kom asook die geleentheid geniet om eerstehands met Akademia-personeel én huidige Fonties kennis te maak.
Die instelling se landswye sentrumnetwerk verteenwoordig ʼn belangrike ondersteuningstruktuur vir studente. Hierdie netwerk is spesifiek in Afrikaanse gemeenskappe gesetel om toeganklike universiteitsvlakopleiding binne bereik te plaas. Elke sentrum vervul die rol van ʼn akademiese tuiste vir studente in ʼn bepaalde gebied, en binne hierdie ruimte word vriendskappe gesmee, netwerke uitgebrei en die nodige ondersteuning gebied ten opsigte van logistiese aspekte soos internettoegang en kragvoorsiening.
Aspekte wat deur die loop van die 90 minuut-program aandag sal geniet, sluit in:
ʼn Vraag-en-antwoord-sessie.
Elk van hierdie geleenthede word in twee sessies verdeel:
Hierdie sessie fokus op die volwasse mark en diegene wat wil studeer terwyl hul hulself voltyds in die werksplek bevind, óf ander belangstellings nastreef. Vir diesulke Fonties bied die nauurse afstandsmodel die geleentheid om hul studie by wyse van ʼn netwerk van sentrums dwarsoor Suid-Afrika óf ʼn e-leeropsie aan te pak. Kontaksessies vind op weeksaande en Saterdae plaas en tegnologie word gebruik om dosente en studente in virtuele leerruimtes byeen te bring.
Behalwe vir die gerieflike rooster bied dié model ook aan Afrikaanssprekendes buite die Suid-Afrikaanse landsgrense die geleentheid om te studeer. Akademia se internasionale voetspoor sluit lande soos onder meer Australië, Namibië, Nederland, Nieu-Seeland, Rusland, Swede, Thailand, die Verenigde Emirate en die Verenigde State van Amerika in.
Tydens hierdie sessie sal skoolverlaters die geleentheid hê om hul studie- en loopbaanmoontlikhede ná skool te ondersoek. Óf jy nou voltyds aan een van die instelling se kampusse in Centurion en die Paarl wil studeer óf nauurs oor afstand, kundige en ervare akademici staan gereed om al jou vrae te beantwoord.
Maak 2026 een vir die boeke en belê in jou toekoms. Registreer vandag nóg om een van dié sessies by te woon. Jy sal op die koop toe nie net die hart en wese van Akademia leer ken nie, maar ook ʼn eerstehandse belewenis van Fontie-wees ervaar.
Besoek gerus die Akademia-webblad vir meer inligting.
*Fonties verwys na studente wat aan Akademia studeer. Dié eienaam is afgelei uit die instelling se leuse, Ad futurum per fontes – na die toekoms deur die bronne.
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2025 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.