Gepubliseer op: 11 Maart 2025
Aansoeke vir Akademia se 2026- akademiese jaar open op 1 April 2025 en voornemende Fonties* word aangemoedig om solank die nodige dokumentasie bymekaar te kry en só vlerke aan hul naskoolse studiedrome te gee. Nóg goeie nuus is dat die instelling vanjaar weer, soos verlede jaar die geval was, akademiese merietebeurse aan goed presterende matrikulante gaan bied.
Volgens Liana van Rooy, Akademia se registrateur, het die instelling ʼn totaal van R1,9 miljoen aan merietebeurse aan 323 Fontie-eerstejaars vir die 2025- akademiese jaar toegeken. Die grootste individuele toekenning het ʼn bedrag van R30 000 beloop wat teen klasfooie en koshuisfooie gekrediteer is. Hierdie uitbetalings is moontlik gemaak deur bydraes tot die Akademia-skenkingsfonds.
“Alhoewel die vooruitsig van hoër onderwys met groot opwinding gepaard gaan, is dit ʼn realiteit dat die hoë koste hiervan swaar rus op die skouers van voornemende skoolverlaters en hul ouers,” meen Van Rooy. In die lig hiervan bied die instelling se akademiese merietebeurs hoop vir die 2025-matriekklas omdat ʼn voornemende student ʼn merietetoekenning van maksimum R50 000 op hierdie manier kan geniet. Hierdie toekenning sal gevolglik in die vorm van studiekorting vir onderskeidings in drie kategorieë toegeken word, en sal outomaties teen klasfooie of koshuisfooie gekrediteer word vir die eerste jaar van studie aan Akademia. Dit is voorts belangrik om daarop te let dat die akademiese merietebeurse van toepassing is vir studie op beide die instelling se onderrigleermodelle, naamlik die voltydse kampusmodel en die nauurse afstandsmodel. Van Rooy is veral opgewonde oor die studiegeleenthede wat hierdie toekenning vir studente in die Wes-Kaap gaan ontsluit met die opening van die instelling se Paarl-kampus in 2026.
Die korting sien as volg daaruit:
Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe
Afrikaanse Huistaal, Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Engels Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal en Rekeningkunde
Alle ander skoolvakke, Lewensoriëntering uitgesluit
Die toekenning van die merietebeurse is onderhewig aan bepaalde bepalings en voorwaardes waarvan deeglik kennis geneem moet word.
“Harde werk word beloon, en die toekenning van hierdie akademiese merietebeurse is sprekend hiervan. As ʼn instelling hoop ons dat hierdie vooruitsig matrikulante opgewonde oor hul toekoms sal maak, en dat hulle op hierdie manier gestalte aan hul roepingsbesef sal gee,” meen Van Rooy.
Akademia wens die 2025-matriekklas alle sterkte toe met hul voorbereiding tot die aanloop van die eindeksamen.
* Fonties verwys na studente wat aan Akademia studeer. Dié eienaam is afgelei uit die instelling se leuse, Ad futurum per fontes – na die toekoms deur die bronne.
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2025 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.