Inligtingsessie oor die Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en VOO-onderwys), oftewel NGOS, by Akademia in 2026
DATUM
Woensdag 8 Oktober 2025
TYD
18:00-19:30
Is jy ʼn spesialis in jou veld met ’n roeping vir die onderwys? Bekwaam jouself verder met ’n Nagraadse Onderwyssertifikaat
Kom kuier aanlyn saam met ons. Hier kan jy uitvind hoe Akademia se Nagraadse Onderwyssertifikaat aan studente professionele opleiding bied. Die fokus is op die ontwikkeling van die nodige pedagogiese inhoudskennis, vaardighede en ervaring in die opvoedkundige werkplek. Hierdie vaardighede sal studente in staat stel om dit wat hulle leer toe te pas as ʼn beginneronderwyser in skole waar verskillende kontekste bestaan.
Indien jy daarin belangstel om NGOS in 2026 via die nauurse afstandsmodel by Akademia te studeer, woon die interaktiewe aanlyn inligtingsessie op Woensdag 8 Oktober 2025 om 18:00 by.
DIE PROGRAM VIR DIE INLIGTINGSESSIE
- ʼn Oorsig van Akademia
- ʼn Oorsig oor die NGOS-program
- Hoe werk die klasbywoning?
- Hoe werk die proefonderwystydperk?
- Hoe werk die aansoekproses?
- Wat is die toelatingsvereistes?
- ʼn NGOS-alumnus deel hulle verhaal
ʼn Vraag-en-antwoord-sessie om enige knellende navrae te beantwoord.
Let asb. daarop dat hierdie sessie SLEGS die NGOS-program hanteer.
HOE WERK DIE REGISTRASIEPROSES VIR DIE INLIGTINGSESSIE?
- Jy moet eers vooraf registreer om toegang tot die inligtingsessie te verkry.
- Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik dan op Bespreek.
- Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
MEER OOR AKADEMIA SE ONDERRIGLEERMODELLE
Meer inligting oor die nauurse onderrigleermodel is op die webblad beskikbaar.
Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE