Gepubliseer op: 8 Januarie 2025
Hoe gróót droom jy in 2025? Dit is die begin van ’n splinternuwe jaar en die ideale tyd om opgewonde te wees oor die vooruitsigte wat wink. Die verwesenliking van ’n studiedroom, maak nie saak hoe klein of groot nie, kan jou nie net tot nuwe en hoër beroepshoogtes voer nie, maar jou ook help om jou roepingsbesef uit te lééf.
Of jy nou ’n skoolverlater is of reeds voltyds in die werkswêreld staan, Akademia kan vir jou ’n dinamiese studietuiste bied. Dieselfde geld vir persone wat voltyds ander belangstellings nastreef, soos byvoorbeeld professionele sportlui, wat hulself met ’n gehalte kwalifikasie wil toerus. Indien die vooruitsig van naskoolse studie jou opgewonde maak, dagboek Donderdag 16 Januarie 2025 en skakel in vir die instelling se aanlyn inligtingsessie oor 2025-studiemoontlikhede vir voornemende Fonties. As ’n voorkeur- akademiese tuiste bied die instelling reeds sedert 2012 verskeie pasgemaakte oplossings aan studente. Die nauurse afstandsmodel is ideaal vir diegene wat wil werk én studeer terwyl die voltydse kampusmodel nommerpas is vir skoolverlaters wat voltyds wil studeer en aan ’n aktiewe studentelewe wil deelneem.
Hierdie sessie, wat om 18:00 begin, sal aan jou die geleentheid bied om meer oor Akademia se studierigtings te bekom, kundige personeel te ontmoet, kwelvrae uit die weg te ruim én ʼn eerstehandse blik op Fontie-wees te geniet. In kort: ʼn sessie wat nie net vir jou die koers van 2025 kan help bepaal nie, maar ook vir jou toekoms. Die beste van als is dat jy hierdie kuberkuier vanuit die gemak van jou eie studeerkamer of leefvertrek kan bywoon. Al wat jy moet doen is om vroegtydig vir die sessie te registreer en op die dag, toegerus met al jou vrae, in te skakel.
Die program vir die inligtingsessie sluit ’n oorsig van Akademia in, asook die beskikbare studierigtings, die aard van klasbywoning, die aansoekproses en ’n interaktiewe vraag-en-antwoord-sessie. Jy kan die volgende maklike stappe volg om vir die sessie te registreer:
Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ’n e-pos ter bevestiging ontvang.
Die Akademia-gemeenskap is trots en tuis in Afrikaans. Hierdie tuiskoms gedy in die instelling se bruisende studentelewe, sy geloofsverbondenheid én roepingsgedrewe toekomsvisie. Jy het nóg kans om hierdie tuiskoms vir jouself te ervaar en deel van dié gemeenskap te word. Studieaansoeke vir 2025 sluit op 31 Januarie. Besoek akademia.ac.za vir meer inligting of om jou aansoek in te dien.
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2024 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.