Aanlyn inligtingsessie oor studie by Akademia in 2025
DATUM
Sessie 1 – 13 April 2024
TYD
09:00-10:30
Jou drome is binne jou bereik! Skop jou studiereis in 2025 af
Akademia is sedert 2012 ʼn akademiese tuiste wat vele oplossing bied vir ʼn verskeidenheid studente. Die nauurse afstandsmodel is ideaal vir studente wat werk, of ander belangstellings nastreef terwyl hulle studeer. Die voltydse kampusmodel word verkies deur skoolverlaters wat voltyds wil studeer en deelneem aan ʼn aktiewe studentelewe.
Kom vind meer uit oor jou studiemoontlikhede vir 2025.
Die inligtingsessie word aanlyn aangebied maar sal ʼn oorsig gee oor alle opsies vir studie by Akademia vir 2025.
ʼn Oorsig van Akademia
Wat kan ek studeer?
Hoe werk die klasbywoning?
Hoe werk die aansoekproses?
ʼn Vraag-en-antwoord-sessie om enige knaende navrae te beantwoord.
Hoe werk die registrasieproses vir die inligtingsessie?
- Jy moet vooraf registreer om toegang tot die inligtingsessie te verkry.
- Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik op “Bespreek”.
- Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
- Indien jy vir die aanlyn sessie registreer, sal die skakel na die aanbieding nader aan die tyd elektronies aan jou gestuur word. Hou gerus jou e-posse dop.
Meer oor Akademia se onderrigleermodelle
Meer inligting oor die nauurse afstandsmodel, sowel as die voltydse kampusmodel is op die webblad beskikbaar.
Akademia bied ʼn verskeidenheid hoëronderwyskwalifikasies aan om jou loopbaan te verseker. Lees meer hier.
Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE