Search
Close this search box.

Inligtingsessie oor nauurse studie by

Akademia in 2025

31 Augustus 2024

09:00-10:30

Jou drome is binne jou bereik! Skop jou studiereis in 2025 af

Akademia is sedert 2012 ʼn akademiese tuiste wat verskeie oplossing bied vir studente. Die nauurse afstandsmodel is ideaal vir studente wat werk, of ander belangstellings nastreef terwyl hulle studeer.

Kom vind meer uit oor jou studiemoontlikhede vir 2025.

Die program vir die inligtingsessie

’n Oorsig van Akademia

Wat kan ek studeer?

Hoe werk die klasbywoning?

Hoe werk die aansoekproses?

’n Vraag-en-antwoord-sessie om enige knaende navrae te beantwoord.

Hoe werk die registrasieproses vir die inligtingsessie?

Jy moet vooraf registreer om toegang tot die inligtingsessie te verkry.

Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik op “Bespreek”.

Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.

Indien jy vir die aanlyn sessie registreer, sal die skakel na die aanbieding nader aan die tyd elektronies aan jou gestuur word. Hou gerus jou e-posse dop.

Meer oor Akademia se onderrigleermodelle

Meer inligting oor die nauurse afstandsmodel sowel as die voltydse kampusmodel is op die webblad beskikbaar.

Akademia bied ʼn verskeidenheid hoëronderwyskwalifikasies aan om jou loopbaan te verseker. Lees meer hier.

Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE