Search
Close this search box.

Inligtingsessie oor nagraadse diplomas by Akademia in 2025

DATUM

16 November 2024

TYD

09:00-10:30

Beoog jy ʼn beroep as bestuursrekenmeester of ʼn loopbaan in belasting?

Die nagraadse diplomas in onderskeidelik Bestuursrekeningkunde of Belasting sal jou toerus met die nodige kennis en vaardighede om hierdie drome na te streef.

Die Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde is ontwikkel om aan die student ʼn begrip van die rekeningkundige prosesse te gee en is bedoel om toelating tot die CIMA-eksamens op strategiese vlak te vergemaklik.

Die Nagraadse Diploma in Belasting rus studente toe met die kennis en vaardighede wat benodig word om ʼn belastingkenner te word wat in staat is om organisatoriese en individuele nakoming van die vereistes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Nasionale Tesourie te verseker.

Indien jy daarin belangstel om een van die bostaande programme in 2025 via die nauurse afstandsmodel by Akademia te studeer, woon die interaktiewe aanlyn inligtingsessie by.

DIE PROGRAM VIR DIE INLIGTINGSESSIE
  • ʼn Oorsig van Akademia
  • ʼn Oorsig oor die onderskeie programme
  • Hoe werk die klasbywoning?
  • Hoe werk die aansoekproses?
  • Wat is die toelatingsvereistes?
  • By watter professionele liggame word die programme erken?
  • ʼn Vraag-en-antwoord-sessie om enige knaende navrae te beantwoord.

 

Let asb. daarop dat hierdie sessie SLEGS die bogenoemde programme hanteer.

HOE WERK DIE REGISTRASIEPROSES VIR DIE INLIGTINGSESSIE
  • Jy moet eers vooraf registreer om toegang tot die inligtingsessie te verkry.
  • Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik op “Bespreek”.
  • Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
MEER OOR AKADEMIA SE NAUURSE AFSTANDSMODEL

Meer inligting oor die nauurse afstandsmodel is op die webblad beskikbaar.

Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE