Search
Close this search box.

Verbeter jou Instagram-blad só

31 Augustus 2023

Geskryf deur Marisha Hermann, Fontiepos-joernalis

Om ʼn goeie sosialemediateenwoordigheid te hê kan verskeie deure vir jou oopmaak. Jy kan wye netwerke bou, deel word van ʼn aanlyn gemeenskap, of selfs werksgeleenthede kry. Sosiale media moet egter versigtig gebruik word en die geleentheid vir verbetering is altyd daar. Gebruik hierdie volgende raad om jou Instagram-blad op te skerp.

Demarco Robinson, studenteraadslid van Bemarking, sê dat jy gereeld plasings moet maak en aktief moet wees op jou stories. “Deel ʼn stukkie van jouself en jou persoonlikheid, sonder om ʼn valse indruk te skep. Die kwaliteit van jou foto’s is ook belangrik – as jou foto’s mooi is, trek dit meer aandag en sal jou plasings meer mense bereik,” vertel hy verder.

Hier volg vier punte wat jy kan gebruik om jou Instagram-blad te verbeter:

  • Wees opreg op jou blad. Wees jouself en moenie jou volgers koop nie. Dis nie die moeite werd nie.
  • Maak gebruik van ʼn goeie kwaliteit foto vir jou profielfoto. Gebruik ʼn foto van jouself of die logo van jou besigheid om besoekers te verseker hulle besoek die regte blad. Onthou dat die foto klein is en meeste van die tyd op ʼn selfoon gebruik word.
  • Kies ʼn gebruikersnaam wat maklik is om te soek en duidelik weerspieël wie jy is.
  • Skryf ʼn treffende en persoonlike biografie. Verduidelik aan die besoeker hoekom hulle jou profiel moet besoek of hoekom hulle juis jou moet volg. Jy kan gerus gebruik maak van emotikons om jou biografie makliker leesbaar te maak.

Volg gerus hierdie Fonties se Instagram-blaaie vir inspirasie!

https://www.instagram.com/demarco.lifestyle/?igshid=MzRlODBiNWFlZA%3D%3D

https://www.instagram.com/dxmarco.r/?igshid=MzRlODBiNWFlZA%3D%3D

https://www.instagram.com/arianavenus.official/?igshid=NTc4MTIwNjQ2YQ%3D%3D

https://www.instagram.com/megan.starbuck/?igshid=NTc4MTIwNjQ2YQ%3D%3D

Om ʼn goeie sosialemediateenwoordigheid te hê kan verskeie deure vir jou oopmaak.

 

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.