’N PRET-AKTIWITEITSBOEK VIR KINDERS
Ideaal vir leerders in graad 4 tot 7
As ʼn toekomsgerigte gemeenskapsinstelling strewe Akademia daarna om ʼn bekende studietuiste te skep, selfs vir die jonger geslagte. Die Fontieland-pretboek is ‘n prettige aktiwiteitsboek vir kinders in graad 4 tot 7, waarin Stella en Hennie jou kind op ‘n avontuurreis deur die wêreld van Akademia neem. Leer speel-speel meer oor wie Akademia is terwyl julle saam raaisels oplos, verskille vind en speletjies speel.
Fontieland 1
Kom saam op ʼn ontdekkingsreis deur die kampus van Akademia saam met Stella en Hennie. Leer speel-speel meer oor wie Akademia is en ons vormingsideaal met prettige aktiwiteite soos blokkiesraaisels, vind die verskille en soek die Fonties.
Koerieruitgawes vir eie onkoste.
Sodra al die aktiwiteite in die Fontieland-pretboek voltooi is, kan die oplossings en antwoorde hier afgelaai word.
Kry jou Junior Fontie-hemp of baba-Fontie-speelpakkie nou op Die Winkel
Akademia wil deel in jou kind se toekomsdroom en wil graag sy/haar storie hoor van wat hulle dink hulle gaan doen as hulle “groot” is. Ons wil ook sien hoe hulle droommure as toekomstige Fonties lyk. Neem ʼn foto van die storie/muur wat sy/hy in die Fontieland-pretboekies geskryf/geteken het en laai dit vir ons op. Jy kan ook ʼn foto van sy/haar inkleurprentjie oplaai. Vir elke inskrywing wat ons ontvang, kwalifiseer jy vir afslag op die Junior Fontie-hemp, baba-Fontie-speelpakkie of ander Fontieland-produkte.
Geniet jy die Fontieland-reeks? Deel dit met jou vriende, familie en die skool.
HET JY TERUGVOER EN VOORSTELLE OOR DIE FONTIELAND-REEKS?
Ons wil graag van jou hoor. Stuur ʼn e-pos na
akaprojekte@akademia.ac.za
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE
