Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

‘n Regstrategie vir behoud van Afrikaans op universiteite

Gepubliseer op: 28 Februarie 2017

Afrikaans as onderrigmedium op hoëronderwysvlak is verlede jaar ingrypend afgeskaal.

AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit se regsaksies teen die universiteite van die Vrystaat, Pretoria en Unisa is net een van die maniere waarop die regte van Afrikaans beskerm kan word. Dit is ook ‘n poging om die taalregte van minderheidsgroepe in Suid-Afrika te bewaar.

Die organisasies het op 27 Februarie 2017 ‘n blitskonferensie by die private tersiêre instelling Akademia in Centurion aangebied, waar hulle terugvoer gegee het oor die regsaksies teen Kovsies, Tukkies en Unisa se taalbeleide.  Die hofprosesse duur voort.

Volgens dioe sprekers by die konferensie, heers daar tans ‘n sterk anti-Afrikaanse sentiment by die universiteite, wat op ‘n spits gedryf is deur die #FeesMustFall-veldtog. Hulle meen die stellings ter stawing van die afskaffing van Afrikaans by die universiteit hou nie steek nie end at dit dikwels die deure sluit om enige van die ander Afrika-tale verder te ontwikkel.

Die volle berig verskyn op Maroela Media se webtuiste. Lees dit hier.