Woordmeesters

Die Akademia-woordmeesters in samewerking met VivA en Pretoria FM, is ʼn opwindende taalkompetisie wat vanaf 26 Mei tot 6 Julie 2025 plaasvind met die finaal op 14 Augustus. Hierdie kompetisie bied aan Afrikaans-liefhebbers die kans om hul kennis van idiome, spelreëls, gesegdes en taalfeite op die proef te stel en deel te wees van ʼn interaktiewe taalervaring. Die kompetisie se doel is om Afrikaans te bevorder ter viering van die Afrikaans 100-feesjaar. Om te kwalifiseer vir die finale ronde en pryse moet jy al vyf toetse skryf.

Kategorieë

1. Skoolleerders van graad 10 tot 12

2. Studente vanaf enige hoëronderwysinstelling

3. Publiek

Pryse om te wen

Kategorieë Eerste plek Tweede plek Derde plek
Skoolleerder
R2 500
R1 500
R1 000
Studente
R2 500
R1 500
R1 000
Publiek
R3 500
R2 500
R1 500

Skoolleerderkategorie (Graad 10 tot 12)

  • Een jaar se gratis toegang tot die Wolkskool-platform.
  • Die algehele kategoriewenner verkry gratis toegang tot ʼn Skryfnet-kursus van sy/haar keuse.
  • Twee digitale kopieë van VivA se Ontrafel Skryftekens.
  • Twee VivA-lisensies vir die gebruik van dié diens se Leesbaarheidsindeks.


Ander

  • Twee VivA-lidmaatskaplisensies ter waarde van R870 elk. Hierdie lisensies sal vir ʼn jaar geldig wees.
  • Vyf koeponne vir gebruik by VivA-uitgewers. Die ontvangers van hierdie prys kan self kies watter boek(e) hulle na wil luister óf lees.

Kontakbesonderhede

Stuur ʼn e-pos na nikkien@akademia.ac.za of skakel ons op 0861 222 888

Gereelde vrae en antwoorde

Die kompetisie, wat vanjaar vir die eerste keer aangebied word, word in trotse samewerking met die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) en Pretoria FM (as mediavennoot) aangebied. Die borge van die kompetisie sluit in Afrikaans.com, Wolkskool en Skryfnet.

Dit is elke deelnemer se eie verantwoordelikheid om seker te maak dat hy/sy die finaal kan bywoon om in aanmerking te kom vir die pryse. Indien jy in die topdrie van jou kategorie eindig het jy 24 uur om die organiseerders in kennis te stel van jou bywoning, al dan nie. Indien jy nie die geleentheid kan bywoon nie verbeur jy ongelukkig jou plek in die finaal.

Elke aanlyn toets kan slegs een keer voltooi word en die stelsel laat nie veelvuldige probeerslae toe nie.

Nee, hierdie kompetisie word landwyd aangebied en enige belangstellende persoon kan in een van die gepaste kategorieë deelneem.

Ja, alle deelnemers moet geregistreer wees om in aanmerking te kom vir die pryse asook om die weeklikse aanlyn toets te voltooi. Klik hier om te registreer.

Moenie bekommerd wees as jy ʼn toetsgeleentheid misloop nie. Elke geregistreerde deelnemer het tot en met 6 Julie die geleentheid om al vyf die toetse te voltooi ten einde in aanmerking te kom vir die finaal.

Ongelukkig nie. Reiskostes bly elke individuele deelnemer se eie verantwoordelikheid.

Die topdrie in elk van die kategorieë sal op Pretoria FM bekendgemaak word. Indien jy een van dié gelukkiges is sal daar van jou verwag word om twee tot drie vrae op die lug te beantwoord as deel van die beoordelingsproses.

  • 26 Mei: Inskrywings open
  • 2 Junie: Week een se taalwenk word via Pretoria FM en VivA se Facebook-blad gedeel
  • 6 Junie: Week een se aanlyn taaltoets neem ʼn aanvang
  • 9 Junie: Week twee se taalwenk word via Pretoria FM en VivA se Facebook-blad gedeel
  • 13 Junie: Week twee se aanlyn taaltoets neem ʼn aanvang
  • 16 Junie: Week drie se taalwenk word via Pretoria FM en VivA se Facebook-blad gedeel
  • 20 Junie: Week drie se aanlyn taaltoets neem ʼn aanvang
  • 23 Junie: Week vier se taalwenk word via Pretoria FM en VivA se Facebook-blad gedeel
  • 27 Junie: Week vier se aanlyn taaltoets neem ʼn aanvang
  • 30 Junie: Week vyf se taalwenk word via Pretoria FM en VivA se Facebook-blad gedeel
  • 4 Julie: Week vyf se aanlyn taaltoets neem ʼn aanvang
  • 6 Julie: Alle aanlyn taaltoetse sluit
  • 14 Julie: Topdrie word op Pretoria FM aangekondig
  • 16 Augustus: Finaal vind plaas op Akademia se Leriba-kampus in Centurion
Vennote
Borge

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.