Search
Close this search box.

Verlengde registrasieperiode en opedag vir voornemende studente

Gepubliseer op: 30 November 2017

Voornemende studente wat in 2018 by Akademia wil studeer, het nou tot 19 Januarie 2018 kans om vir ʼn volwaardige graad, hoër sertifikaat of diploma te registreer, sowel as aansoek om rentevrye studielenings te doen. Daar word ook op 13 Januarie 2018 opedag gehou, sodat voornemende studente landwyd meer inligting oor ons kursusse kan bekom en daar en dan aansoek kan doen vir studies in 2018.

Akademia bied ʼn unieke hoëtegnologie-onderrigmodel aan waardeur bekostigbare, gehalte, Afrikaanse onderrig regstreeks en interaktief plaasvind. Boonop kan studente tegelyk werk en studeer, en sodoende terselfdertyd inkomste en werkservaring opdoen terwyl hulle studeer.

Verskeie volledig-geakkrediteerde kwalifikasies word aangebied. Vir 2018 kan studente vir die volgende kwalifikasies aansoek doen:

  • BCom (Ondernemingsbestuur)
  • BCom (Bestuursrekeningkunde)
  • BCom (Ekonomie en Regte)
  • BCom (Finansiële Beplanning)
  • Gevorderde Diploma in Projekbestuur
  • Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde
  • Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie

 

Voornemende studente het ook nog die geleentheid om deur die Helpende Hand Studiefondssentrum vir rentevrye studielenings (wat eers terugbetaalbaar is wanneer die student afgestudeer het) aansoek te doen. Hierdie video wys jou hoe om aanlyn vir ʼn studielening aansoek te doen.

Akademia brei in 2018 na die Oos-Kaap en Namibië uit, wanneer studiesentrums in Port Elizabeth en Windhoek hul deure vir studente oopgooi. Dít bring Akademia se voetspoor op dertien aktiewe studiesentrums te staan, met sentrums in Bloemfontein, Boksburg, Centurion, George, Krugersdorp, Paarl, Pretoria (Moot en Lynnwood), Somerset-Wes, Tygervallei en Vanderbijlpark. Elkeen van hierdie sentrums is met moderne videokonferensie-tegnologie toegerus en gratis breëband-internettoegang is by alle sentrums beskikbaar, waarmee studente toegang tot Akademia se unieke aanlyn ondersteuningstelsel kry.

Op 13 Januarie 2018 hou Akademia opedag by die studiesentrums in Bloemfontein, Vanderbijlpark, Somerset-Wes, Paarl, George, Boksburg en Centurion. Studente wat sukkel om aanlyn aansoek te doen, kan hul gesertifiseerde dokumentasie na die opedag saambring, waar hul gehelp sal word om die aanlyn aansoekvorm in te vul. Klik hier vir meer inligting oor registrasie of kyk na dié video, wat wys hoe maklik dit is om vir studies by Akademia aansoek te doen.

Akademia is ʼn gemeenskapsinstelling wat gehalte onderrig in Afrikaans bied. Stuur jou loopbaan in die regte rigting deur vir een van ons grade, gevorderde diplomas of hoër sertifikate in te skryf.

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.