Vakante poste
Daar is geen poste tans beskikbaar nie.
Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vanaf Januarie 2026 op die Paarl-kampus ʼn voltydse pos vir ʼn dosent in Ekonomie in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe beskikbaar. Om vir die pos te kwalifiseer moet ʼn kandidaat oor goeie taalvermoë in akademiese Afrikaans beskik, ʼn meestersgraad in Ekonomie en minstens drie jaar ervaring in die onderrig van Ekonomie. Ervaring in versnitte leer (blended learning), blootstelling aan en vorige gebruik van onderwysmedia, kennis van en kundigheid in die elektroniese onderrig-en-leer-omgewing, praktykervaring, gepubliseerde akademiese artikels, en ervaring in die ontwikkeling van studiemateriaal sal in die kandidaat se guns tel.
Daar sal van die aangestelde dosente verwag word om ʼn spektrum van akademiese en verwante take te verrig wat onder andere insluit die ontwikkeling, dosering en gehalteversekering van akademiese modules; die opstel van assesseringsaktiwiteite in ʼn versnitte-leer-omgewing; en die lewering van bystand en ondersteuning aan studente.
Die ideale kandidaat vir hierdie pos moet oor sterk verbale en geskrewe kommunikasievaardighede; interpersoonlike vaardighede; prioritiserings- en tydsbestuursvaardighede beskik; sowel as onafhanklik in ʼn spanverband kan funksioneer; inisiatief kan neem; oplossingsgedrewe wees; oor die vermoë beskik om werk onder druk te voltooi; ʼn liefde vir Afrikaans hê; en as ambassadeur vir Akademia help om die instelling uit te bou.
Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Aansoeke moet voor of op 23 Junie 2025 ingedien word. Stuur ʼn e-pos na personeelnavrae@akademia.ac.za indien jy probleme met die skakel ervaar.
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vanaf Januarie 2026 op die Paarl-kampus ʼn voltydse pos vir ʼn dosent in Finansiële Rekeningkunde in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe beskikbaar. Om vir die pos te kwalifiseer moet ʼn kandidaat oor goeie taalvermoë in akademiese Afrikaans, ʼn meestersgraad in Finansiële Rekeningkunde of ander relevante dissiplines met Finansiële Rekeningkunde of soortgelyke modules as deel van die voorgraadse of nagraadse kwalifikasie beskik. Dit sal tot die kandidaat se voordeel strek indien hulle reeds besig is met verdere nagraadse studie in die verwante dissipline of geregistreer is by verwante rekeningkundige professionele liggaam. Minstens drie jaar ervaring in die onderrig van Finansiële Rekeningkunde is ʼn verder vereiste vir die pos. Ervaring in versnitte leer (blended learning), blootstelling aan en vorige gebruik van onderwysmedia, kennis van en kundigheid in die elektroniese onderrig-en-leer-omgewing, praktykervaring, gepubliseerde akademiese artikels, en ervaring in die ontwikkeling van studiemateriaal sal in die kandidaat se guns tel.
Daar sal van die aangestelde dosente verwag word om ʼn spektrum van akademiese en verwante take te verrig wat onder andere insluit die ontwikkeling, dosering en gehalteversekering van akademiese modules; die opstel van assesseringsaktiwiteite in ʼn versnitte-leer-omgewing; en die lewering van bystand en ondersteuning aan studente.
Die ideale kandidaat vir hierdie pos moet oor sterk verbale en geskrewe kommunikasievaardighede; interpersoonlike vaardighede; prioritiserings- en tydsbestuursvaardighede beskik; sowel as onafhanklik in ʼn spanverband kan funksioneer; inisiatief kan neem; oplossingsgedrewe wees; oor die vermoë beskik om werk onder druk te voltooi; ʼn liefde vir Afrikaans hê; en as ambassadeur vir Akademia help om die instelling uit te bou.
Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Aansoeke moet voor of op 23 Junie 2025 ingedien word. Stuur ʼn e-pos na personeelnavrae@akademia.ac.za indien jy probleme met die skakel ervaar.
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vanaf Januarie 2026 op die Paarl-kampus ʼn voltydse pos vir ʼn dosent in Bestuursrekeningkunde in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe beskikbaar. Om vir die pos te kwalifiseer moet ʼn kandidaat oor goeie taalvermoë in akademiese Afrikaans, ʼn meestersgraad in Bestuursrekeningkunde, Finansiële Bestuur of relevante dissipline met Finansiële Bestuur en Bestuursrekeningkunde of soortgelyke module as deel van nagraadse kwalifikasie beskik. Minstens drie jaar ervaring in die onderrig van Bestuursrekeningkunde en/of Finansiële Bestuur is ʼn verdere vereiste vir die pos. Dit sal tot die kandidaat se voordeel strek indien hulle reeds besig is met verdere nagraadse studie in die verwante dissipline of indien die CIMA-kwalifikasie tot op strategiese vlak voltooi is. Ervaring in versnitte leer (blended learning), blootstelling aan en vorige gebruik van onderwysmedia, kennis van en kundigheid in die elektroniese onderrig-en-leer-omgewing, praktykervaring, gepubliseerde akademiese artikels, en ervaring in die ontwikkeling van studiemateriaal sal in die kandidaat se guns tel.
Daar sal van die aangestelde dosente verwag word om ʼn spektrum van akademiese en verwante take te verrig wat onder andere insluit die ontwikkeling, dosering en gehalteversekering van akademiese modules; die opstel van assesseringsaktiwiteite in ʼn versnitte-leer-omgewing; en die lewering van bystand en ondersteuning aan studente.
Die ideale kandidaat vir hierdie pos moet oor sterk verbale en geskrewe kommunikasievaardighede; interpersoonlike vaardighede; prioritiserings- en tydsbestuursvaardighede beskik; sowel as onafhanklik in ʼn spanverband kan funksioneer; inisiatief kan neem; oplossingsgedrewe wees; oor die vermoë beskik om werk onder druk te voltooi; ʼn liefde vir Afrikaans hê; en as ambassadeur vir Akademia help om die instelling uit te bou.
Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Aansoeke moet voor of op 23 Junie 2025 ingedien word. Stuur ʼn e-pos na personeelnavrae@akademia.ac.za indien jy probleme met die skakel ervaar.
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vanaf Januarie 2026 op die Paarl-kampus ʼn voltydse pos vir ʼn dosent in Bedryfsetiek en Korporatiewe Beheer in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe beskikbaar. Om vir die pos te kwalifiseer moet ʼn kandidaat oor goeie taalvermoë in akademiese Afrikaans beskik, en ʼn meestersgraad in Verantwoordelike Leierskap, Korporatiewe Beheer of Bestuur, Bedryfsetiek, Toegepaste Etiek of verwante dissipline verwerf het. Minstens drie jaar ervaring in die onderrig van enige Etiek- of Korporatiewe Beheer-module vanuit ʼn besigheid- of bestuurkonteks is ʼn verdere vereiste vir die pos. Ervaring in versnitte leer (blended learning), blootstelling aan en vorige gebruik van onderwysmedia, kennis van en kundigheid in die elektroniese onderrig-en-leer-omgewing, praktykervaring, gepubliseerde akademiese artikels, en ervaring in die ontwikkeling van studiemateriaal sal in die kandidaat se guns tel.
Daar sal van die aangestelde dosente verwag word om ʼn spektrum van akademiese en verwante take te verrig wat onder andere insluit die ontwikkeling, dosering en gehalteversekering van akademiese modules; die opstel van assesseringsaktiwiteite in ʼn versnitte-leer-omgewing; en die lewering van bystand en ondersteuning aan studente.
Die ideale kandidaat vir hierdie pos moet oor sterk verbale en geskrewe kommunikasievaardighede; interpersoonlike vaardighede; prioritiserings- en tydsbestuursvaardighede beskik; sowel as onafhanklik in ʼn spanverband kan funksioneer; inisiatief kan neem; oplossingsgedrewe wees; oor die vermoë beskik om werk onder druk te voltooi; ʼn liefde vir Afrikaans hê; en as ambassadeur vir Akademia help om die instelling uit te bou.
Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Aansoeke moet voor of op 23 Junie 2025 ingedien word. Stuur ʼn e-pos na personeelnavrae@akademia.ac.za indien jy probleme met die skakel ervaar.
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vanaf Januarie 2026 op die Paarl-kampus ʼn voltydse pos vir ʼn junior dosent in Besigheidstegnologie en Bedryfsinligtingstelsels in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe beskikbaar. Om vir die pos te kwalifiseer moet ʼn kandidaat oor goeie taalvermoë in akademiese Afrikaans beskik en ʼn BComHons-graad in Inligtingstelsels of ʼn relevante dissipline beskik (met Bedryfsinligtingstelsels, Besigheidstegnologie of soortgelyke module as deel van die voorgraadse of nagraadse kwalifikasie). Ervaring in versnitte leer (blended learning), blootstelling aan en vorige gebruik van onderwysmedia, kennis van en kundigheid in die elektroniese onderrig-en-leer-omgewing, praktykervaring, gepubliseerde akademiese artikels, en ervaring in die ontwikkeling van studiemateriaal sal in die kandidaat se guns tel.
Daar sal van die aangestelde dosente verwag word om ʼn spektrum van akademiese en verwante take te verrig wat onder andere insluit die ontwikkeling, dosering en gehalteversekering van akademiese modules; die opstel van assesseringsaktiwiteite in ʼn versnitte-leer-omgewing; en die lewering van bystand en ondersteuning aan studente.
Die ideale kandidaat vir hierdie pos moet oor sterk verbale en geskrewe kommunikasievaardighede; interpersoonlike vaardighede; prioritiserings- en tydsbestuursvaardighede beskik; sowel as onafhanklik in ʼn spanverband kan funksioneer; inisiatief kan neem; oplossingsgedrewe wees; oor die vermoë beskik om werk onder druk te voltooi; ʼn liefde vir Afrikaans hê; en as ambassadeur vir Akademia help om die instelling uit te bou.
Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Aansoeke moet voor of op 23 Junie 2025 ingedien word. Stuur ʼn e-pos na personeelnavrae@akademia.ac.za indien jy probleme met die skakel ervaar.
Fakulteit Geesteswetenskappe
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vanaf Januarie 2026 op die Paarl-kampus ʼn deeltydse pos vir ʼn dosent in Besigheidskommunikasie in die Departement Tale en Kultuurwetenskappe beskikbaar. Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die kandidaat beskik oor ʼn honneursgraad in Kommunikasiestudies en ten minste vyf jaar se praktykervaring.
Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om ʼn spektrum van akademiese en verwante take te verrig, wat onder meer insluit: voorbereiding, dosering en gehalteversekering van akademiese modules; die opstel en moderering van assesseringsaktiwiteite; bystand en ondersteuning aan studente en navorsing.
Die ideale kandidaat vir hierdie pos moet beskik oor sterk skryf- en redigeervaardighede in Afrikaans en Engels; uitnemende kommunikasie en interpersoonlike vaardighede; onafhanklik of in spanverband kan saamwerk; innoverend en aanpasbaar wees; inisiatief kan neem; oplossingsgedrewe wees; goeie administratiewe en prioritiseringsvermoë hê; oor ʼn besondere vermoë beskik om werk onder druk te hanteer; ʼn passie vir Afrikaans hê; en as ambassadeur vir Akademia help om die instelling te bou.
Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Aansoeke moet voor of op 27 Junie 2025 ingedien word. Stuur ʼn e-pos na personeelnavrae@akademia.ac.za indien jy probleme met die skakel ervaar.
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vanaf Januarie 2026 op die Paarl-kampus ʼn voltydse pos vir ʼn dosent in Politiek en Globale Politiek in die Departement Sosiale Wetenskappe beskikbaar. Om vir die pos te kwalifiseer moet ʼn kandidaat oor ʼn goeie taalvermoë in akademiese Afrikaans en ʼn honneursgraad in Politieke Wetenskap of ʼn verwante dissipline beskik. Dit sal in die kandidaat se guns tel indien sy of hy vir ʼn verwante meestersgraadstudie geregistreer is of oor ʼn verwante meestersgraad beskik. Die kandidaat moet ook ten minste een jaar ervaring in hoër onderwys hê.
Ervaring in versnitte leer (blended learning), blootstelling aan en vorige gebruik van onderwysmedia, kennis van en kundigheid in die elektroniese onderrig-en-leer-omgewing, praktykervaring, gepubliseerde akademiese artikels, en ervaring in die ontwikkeling van studiemateriaal sal ook in die kandidaat se guns tel.
Daar sal van die aangestelde dosent verwag word om ʼn spektrum van akademiese en verwante take te verrig wat, onder andere, insluit: die ontwikkeling, dosering en gehalteversekering van akademiese modules; die opstel van assesseringsaktiwiteite in ʼn versnitte-leer-omgewing; en die lewering van bystand en ondersteuning aan studente.
Die ideale kandidaat vir hierdie pos moet oor sterk skryf- en redigeervaardighede in Afrikaans en Engels; beskik oor uitstekende kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede beskik; onafhanklik of in spanverband kan funksioneer; innoverend en hardwerkend wees; inisiatief kan neem; oplossingsgedrewe wees; goeie administratiewe en prioritiseringsvermoë hê; ʼn besondere vermoë hê om werk onder druk te voltooi; ʼn passie vir Afrikaans hê; en as ambassadeur vir Akademia help om die instelling uit te bou.
Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Aansoeke moet voor of op 27 Junie 2025 ingedien word. Stuur ʼn e-pos na personeelnavrae@akademia.ac.za indien jy probleme met die skakel ervaar.
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vanaf Januarie 2026 op die Paarl-kampus ʼn voltydse pos vir ʼn dosent in Kommunikasiestudies in die Departement Tale en Kultuurwetenskappe beskikbaar. Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die kandidaat beskik oor ʼn honneursgraad in Kommunikasiestudies en ten minste vyf jaar se praktykervaring. ʼn Meestersgraad, navorsingsuitsette en ervaring in die hoër onderwys sal in die kandidaat se guns tel.
Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om ʼn spektrum van akademiese en verwante take te verrig, wat onder meer insluit: voorbereiding, dosering en gehalteversekering van akademiese modules; die opstel en moderering van assesseringsaktiwiteite; bystand en ondersteuning aan studente en navorsing.
Die ideale kandidaat vir hierdie pos moet beskik oor sterk skryf- en redigeervaardighede in Afrikaans en Engels; uitnemende kommunikasie en interpersoonlike vaardighede; onafhanklik of in spanverband kan saamwerk; innoverend en aanpasbaar wees; inisiatief kan neem; oplossingsgedrewe wees; goeie administratiewe en prioritiseringsvermoë hê; oor ʼn besondere vermoë beskik om werk onder druk te hanteer; ʼn passie vir Afrikaans hê; en as ambassadeur vir Akademia help om die instelling te bou.
Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Aansoeke moet voor of op 27 Junie 2025 ingedien word. Stuur ʼn e-pos na personeelnavrae@akademia.ac.za indien jy probleme met die skakel ervaar.
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vanaf Januarie 2026 op die Paarl-kampus ʼn voltydse pos vir ʼn dosent in Filosofie en Kuns van Argumentering in die Departement Sosiale Wetenskappe beskikbaar. Om vir die pos te kwalifiseer moet ʼn kandidaat oor ʼn goeie taalvermoë in akademiese Afrikaans en ʼn honneursgraad in Filosofie of ʼn verwante dissipline beskik. Dit sal in die kandidaat se guns tel indien hy of sy vir ʼn verwante meestersgraadstudie geregistreer is of oor ʼn verwante meestersgraad beskik. Die kandidaat moet ook ten minste een jaar ervaring in hoër onderwys hê.
Ervaring in versnitte leer (blended learning), blootstelling aan en vorige gebruik van onderwysmedia, kennis van en kundigheid in die elektroniese onderrig-en-leer-omgewing, praktykervaring, gepubliseerde akademiese artikels, en ervaring in die ontwikkeling van studiemateriaal sal ook in die kandidaat se guns tel.
Daar sal van die aangestelde dosent verwag word om ʼn spektrum van akademiese en verwante take te verrig wat, onder andere, insluit: die ontwikkeling, dosering en gehalteversekering van akademiese modules; die opstel van assesseringsaktiwiteite in ʼn versnitte-leer-omgewing; en die lewering van bystand en ondersteuning aan studente.
Die ideale kandidaat vir hierdie pos moet oor sterk skryf- en redigeervaardighede in Afrikaans en Engels; uitstekende kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede beskik; onafhanklik of in spanverband kan funksioneer; innoverend en hardwerkend wees; inisiatief kan neem; oplossingsgedrewe wees; goeie administratiewe en prioritiseringsvermoë hê; ʼn besondere vermoë hê om werk onder druk te voltooi; ʼn passie vir Afrikaans hê; en as ambassadeur vir Akademia help om die instelling uit te bou.
Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Aansoeke moet voor of op 27 Junie 2025 ingedien word. Stuur ʼn e-pos na personeelnavrae@akademia.ac.za indien jy probleme met die skakel ervaar.
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Akademia het vanaf Januarie 2026 op die Paarl-kampus ʼn voltydse pos vir ʼn dosent in Mediastudies in die Departement Tale en Kultuurwetenskappe beskikbaar. Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die kandidaat beskik oor ʼn honneursgraad in Mediastudies of Joernalistiek en ten minste vyf jaar se praktykervaring. ʼn Meestersgraad, navorsingsuitsette en ervaring in die hoër onderwys sal in die kandidaat se guns tel.
Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om ʼn spektrum van akademiese en verwante take te verrig, wat onder meer insluit: voorbereiding, dosering en gehalteversekering van akademiese modules; die opstel en moderering van assesseringsaktiwiteite; bystand en ondersteuning aan studente en navorsing.
Die ideale kandidaat vir hierdie pos moet beskik oor sterk skryf- en redigeervaardighede in Afrikaans en Engels; uitnemende kommunikasie en interpersoonlike vaardighede; onafhanklik of in spanverband kan saamwerk; innoverend en aanpasbaar wees; inisiatief kan neem; oplossingsgedrewe wees; goeie administratiewe en prioritiseringsvermoë hê; oor ʼn besondere vermoë beskik om werk onder druk te hanteer; ʼn passie vir Afrikaans hê; en as ambassadeur vir Akademia help om die instelling te bou.
Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Aansoeke moet voor of op 27 Junie 2025 ingedien word. Stuur ʼn e-pos na personeelnavrae@akademia.ac.za indien jy probleme met die skakel ervaar.
Finansies en Infrastruktuur
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente. Akademia het tans ʼn pos in Pretoria vir ʼn bestuurder: Fasiliteite in die Finansies en Infrastruktuur-afdeling beskikbaar. Om te kwalifiseer word ses tot agt jaar toepaslike ervaring vereis. ʼn Baccalaureusgraad op NKR-vlak 7 sal tot die geskikte kandidaat se voordeel strek.
Die hoofdoel van hierdie pos is om verhoudings met diensverskaffers te bestuur en as skakel tussen Akademia en die diensverskaffers op te tree. Hierdie dienste sluit in huur en instandhouding van persele en terreine, veiligheidsbestuur, skoonmaak- en higiënedienste, tuindienste, beroepsgesondheid en veiligheid, bate-, infrastruktuur- en nutsdienstebestuur, asook fasiliteitsverwante projekte.
Die bestuurder: Fasiliteite is verder verantwoordelik vir die strategiese bestuur van Akademia se fasiliteite en infrastruktuur. Take sluit onder andere in: om in terme van diensvlakooreenkomste met interne en eksterne kliënte te skakel, finansiële en risikobestuur, sowel as gehaltebeheer. Die suksesvolle kandidaat sal ook verantwoordelik wees om op verskeie komitees te dien en leiding aan die afdeling se personeel te verskaf.
Die ideale kandidaat sal onderskei word deur goeie vaardighede om werk gestruktureerd en noukeurig binne ʼn bepaalde tydraamwerk asook binne regulatoriese en wetgewende vereistes te voltooi. Die kandidaat moet goed kan organiseer en prioritiseer, en oor effektiewe selfbestuur-, kommunikasie- en probleemoplossingsvermoë beskik.
Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Aansoeke moet voor of op 20 Junie 2025 ingedien word. Stuur ʼn e-pos na personeelnavrae@akademia.ac.za en heg jou Afrikaanse CV daarby aan indien jy probleme met die skakel ervaar.
Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat verbind is tot die uitnemende opleiding en vorming van studente vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe en het tans ʼn pos vir ʼn klerk: Finansies en krediteure in die Finansies-afdeling in Centurion beskikbaar. Om te kwalifiseer moet die kandidaat ʼn matriek- / graad 12 -kwalifikasie (NKR-vlak 4) hê, asook oor drie jaar ondervinding as ʼn finansiële klerk of administratiewe beampte binne ʼn finansiële afdeling beskik. ʼn Relevante graad of kursus/ondervinding in Pastel sal in die kandidaat se guns tel.
Daar sal van die posbekleër verwag word om verantwoordelikheid te neem vir die tydige byhou van rekeninge en te verseker dat alle relevante dokumentasie verwerk word. Die bekleër van die pos sal ook verantwoordelik wees vir die verwerking en rekonsiliasie van krediteurestate, bankrekonsiliasies, die voorbereiding van krediteurebetalings asook ondersteuning met algemene rekeningkundige take.
Die ideale kandidaat sal onderskei word deur goeie kommunikasievaardighede, organiserings- en besluitnemingsvermoë, prioritiseringsvermoë, goeie menseverhoudinge, aandag aan detail, handhawing van vertroulikheid, vermoë om ondersteuning te bied, rekenaarvaardighede en ʼn besonderse vermoë om onder druk te werk en onafhanklik te funksioneer.
Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Aansoeke moet voor of op 27 Junie 2025 ingedien word. Stuur ʼn e-pos na personeelnavrae@akademia.ac.za en heg jou Afrikaanse CV daarby aan indien jy probleme met die skakel ervaar.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE