Gepubliseer op: 13 Junie 2025
Stories en drome speel ʼn onmisbare rol in die menslike bestaanservaring – nie nét as ʼn vorm van vermaak nie, maar óók as ʼn bron van inspirasie en hoop wat van generasie ná generasie oorgedra word. Laasgenoemde is veral waar van die Akademia-storie wat sy oorsprong in ʼn grootse droom het, naamlik om ʼn wêreldklas hoëronderwysinstelling vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe daar te stel. ʼn Instelling waar denke én die hart hoopvol en toekomsgerig gevorm word.
Dié droom het in 2012 gestalte gekry met die inname van ʼn eerste groep van 40 studentepioniers wat hulself in een van vier programme bekwaam het. Sedertdien het Akademia se studentegemeenskap tot méér as 3 800 studente oor sewentien programme in vyf dinamiese fakulteite uitgebrei. En steeds word daar verder aan dié storie geskryf deur toekomsbouers vanuit alle oorde wat moue oprol, saam droom en aktief bou.
ʼn Volgende opwindende hoofstuk
Akademia en die eiendomsontwikkelingsmaatskappy, Kanton, se Toekomsbouer-veldtog verteenwoordig ʼn volgende opwindende hoofstuk in die instelling se storie. Dié veldtog, wat in Augustus 2024 bekendgestel is, versinnebeeld nie nét ʼn jarelange droom van ʼn wêreldklas kampus en moedertaalstudietuiste nie, maar óók ʼn historiese keerpunt in die strewe na volhoubare vooruitgang vir en vanuit die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe.
Die voorgestelde kampus, wat in die ooste van Pretoria op ʼn grondoppervlakte van 220 hektaar ontwikkel gaan word, sal ʼn studietuiste vir 5 000 voorgraadse studente, 2 000 nagraadse studente en 1 500 inwoonkoshuisstudente wees. Dit sal voorts aan die instelling die geleentheid bied om ʼn volledige en uitgebreide akademiese programaanbod oor al sy fakulteite beskikbaar te stel wat onder meer ingenieurswese, teologie én gesondheidswetenskappe sal insluit. Hierbenewens sal wêreldklas sportgeriewe, ʼn landbou-proefplaas, én verskeie moderne leerruimtes óók gevestig word.
In totaal sal die ontwikkelingskoste meer as R3 miljard beloop.
Só kan jy betrokke raak
Soos in die geval met ander dapper verhale oor groot drome en toekomsideale lê die lewenskragtigheid van Akademia se storie opgesluit in die manier waarop die gemeenskap betrokke raak. Hierdie aktiewe meelewing maak van toeskouers aktiewe toekomsbouers wat nie net van die kantlyn af toekyk nie, maar eerder roepingsgedrewe die aflosstokkie as pioniers van more opneem.
En hoe doen hulle dit? Deur dié storie van hoop te lééf.
Die Akademia-skenkingsfonds bied momentum aan dié kampusdroom by wyse van bydraes en skenkings vanuit die gemeenskap. Diesulke betrokkenheid is méér as net blote finansiële transaksies – dit maak van jou ʼn medeskrywer van die instelling se volgende hoofstuk.
Jy kan as volg tot die Akademia-skenkingsfonds bydra:
Eenmalige skenkings sal Akademia help met onmiddellike en dringende behoeftes, soos byvoorbeeld die bou van nuwe infrastruktuur vir die kampus.
By wyse van ʼn maandelikse bydrae kan individue oor tyd ʼn gereelde skenking maak wat die instelling sal help om ʼn stabiele inkomste te handhaaf en só projekte volhoubaar aan te pak. Hierdie opsie stel skenkers in staat om hul bydraes gemaklik oor ʼn tydperk te versprei.
Nóg ʼn skenkingsopsie is om ʼn legaat of erflating in jou testament te maak. Dit verseker dat jou nalatenskap voortleef in die uitbouing van Afrikaanse hoër onderwys vir toekomstige geslagte, sonder dat jou huidige finansiële posisie beïnvloed word.
Die Akademia-skenkingsfonds bied jou voorts die geleentheid om jou skenking aan ʼn spesifieke deel van die kampusontwikkeling te koppel, soos byvoorbeeld die aanlê van infrastruktuur, of die oprigting van ʼn spesifieke gebou of fasiliteit. Hierdie keuse gee aan jou die gemoedsrus dat jou bydrae presies volgens jou wens aangewend sal word.
Ongespesifiseerde skenkings gee aan die instelling die vryheid om jou skenking aan te wend waar dit die nodigste is, en sal voorts help om algemene ontwikkelingskoste te delg.
Hoe jy ook al besluit om tot dié fonds by te dra, jy kan kwalifiseer vir belastingaftrekkings by wyse van ʼn artikel 18A-belastingsertifikaat. Vir meer inligting, besoek die Akademia-webblad of stuur gerus ʼn e-pos na skenking@akademia.ac.za.
Lewenskragtige stories word van geslag tot geslag oorgedra. Die Akademia-storie is só ʼn verhaal van dappere pionierskap en ʼn roepingsgedrewe verbondenheid tot die toekoms.
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2025 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.