Akademia-sentrumopedag: Loop jou toekoms met selfvertroue tegemoet

Akademia-sentrumopedag: Loop jou toekoms met selfvertroue tegemoet Gepubliseer op: 24 April 2025 Die enigste manier om ʼn blink toekoms te verseker is om in die hede daarvoor te belê. Hierdie gewaarwording is veral van pas as dit kom by die verwesenliking van studiedrome en loopbaandoelwitte. Gedagtig hieraan bied Akademia se sentrumopedag aan voornemende Fonties* die […]

Hoër Sertifikaat in Arbeidsreg – Só dien Akademia se Fakulteit Regsgeleerdheid die gemeenskap

Hoër Sertifikaat in Arbeidsreg – Só dien Akademia se Fakulteit Regsgeleerdheid die gemeenskap Gepubliseer op: 15 April 2025 Akademia se Fakulteit Regsgeleerdheid spog vanaf 2025 met ’n splinternuwe toevoeging tot sy programaanbod, naamlik die Hoër Sertifikaat in Arbeidsreg. Hierdie praktykgerigte intreevlakkwalifikasie word op ’n NKR-vlak 5, en sal via die instelling se nauurse afstandsmodel oor […]

Voornemende Fonties: Kom trap pionierspore by die eerste Paarl-kampusopedag

Voornemende Fonties: Kom trap pionierspore by die eerste Paarl-kampusopedag Gepubliseer op: 8 April 2025 Die tafel is gedek vir Akademia se heel eerste kampusopedag in die Paarl, en die opwinding loop hóóg in die Wes-Kaap. Voornemende Fonties* word hartlik uitgenooi om 9 en 10 Mei 2025 in hul kalenders aan te teken en só hulself […]

Akademia se eerste meestersprogram ʼn viering van die Afrikaanse regspleging

Akademia se eerste meestersprogram ʼn viering van die Afrikaanse regspleging Gepubliseer op: 1 April 2025 Akademia as onafhanklike Afrikaanse hoëronderwysinstelling vier gedurende 2025 nie net dertien jaar van klasgee nie, maar óók die trotse toevoeging van ʼn eerste meestersprogram tot sy uitgebreide program repertoire. Die LLM deur navorsing-program word vanuit die Fakulteit Regsgeleerdheid aangebied en […]

Akademia-studieaansoeke nou ingewag: Neem die eerste tree tot toekomsvervulling

Akademia-studieaansoeke nou ingewag: Neem die eerste tree tot toekomsvervulling Gepubliseer op: 1 April 2025 Daar word gesê dat die verwesenliking van elke droom – hoe groot of klein ook al, begin deur die neem van ʼn doelbewuste en dapper eerste tree. Dieselfde is óók waar van studie-ideale. Óf jy nou binnekort ʼn skoolverlater gaan wees, […]

Nasionale Biblioteekweek: Só help biblioteke om gemeenskappe te bou en te behou

Nasionale Biblioteekweek: Só help biblioteke om gemeenskappe te bou en te behou Gepubliseer op: 19 Maart 2025 Geskryf deur Lianda Coetzer, bibliotekaris by Akademia. Nasionale Biblioteekweek word vanjaar vanaf 17 tot 23 Maart gevier. Hierdie week word sedert 2011 jaarliks herdenk en het dit ten doel om klem te lê op die belangrike rol wat […]

Fontie-Marushca katrol gróót toekomsdrome in

Fontie-Marushca katrol gróót toekomsdrome in Gepubliseer op: 18 Maart 2025 Vir Marushca Grobler (18) is daar niks lekkerder as die gevoel wat deur haar pols wanneer ʼn blinklyf aan haar hoek byt en met haar lyn hardloop nie. Om die waarheid te sê, dié opwinding lok haar reeds sedert negejarige ouderdom telkens terug na die […]

Regsgeleerdheidstudentesimposium: Meesters in die reg begelei Fonties op hul loopbaanpad

Regsgeleerdheidstudentesimposium: Meesters in die reg begelei Fonties op hul loopbaanpad Gepubliseer op: 18 Maart 2025 Akademia se Fakulteit Regsgeleerdheid het, in samewerking met die Solidariteit Regsnetwerk, op Saterdag 15 Maart 2024 ʼn Regsgeleerdheidstudentesimposium en -netwerkgeleentheid by die instelling se Leriba-kampus aangebied. Dié simposium het dit ten doel om ʼn brug te slaan tussen akademiese teorie […]

Aandag 2025-matrikulante: Akademia-merietebeurse baan die weg vir jou Fontie-studiereis

Aandag 2025-matrikulante: Akademia-merietebeurse baan die weg vir jou Fontie-studiereis Gepubliseer op: 11 Maart 2025 Aansoeke vir Akademia se 2026- akademiese jaar open op 1 April 2025 en voornemende Fonties* word aangemoedig om solank die nodige dokumentasie bymekaar te kry en só vlerke aan hul naskoolse studiedrome te gee. Nóg goeie nuus is dat die instelling […]

Fontie tree aan vir internasionale marathon én hartsaak

Fontie tree aan vir internasionale marathon én hartsaak Gepubliseer op: 3 Maart 2025 Diederik du Toit (21) is ʼn Fontie op ʼn missie. Nie net maak hy gereed om op 16 Maart vanjaar die Rome Marathon aan te durf nie, maar óók om deur sy deelname bewustheid aan te wakker oor outisme en neurodiversiteit* in […]

Akademia-alumnus droom en doen in die skadu van die Afrikaanse Taalmonument

Akademia-alumnus droom en doen in die skadu van die Afrikaanse Taalmonument Gepubliseer op: 26 Februarie 2025 Die jaar 2025 is ʼn hoofletterjaar vir die Afrikaanse taal, en by uitstek óók vir Akademia-alumnus, Tania Lang (46), wat passievol haar beroepslewe in haar moedertaal uitlééf. Dié boorling van die Paarl, werk reeds amper 24 jaar by die […]

Moedertaalonderrig die polsslag van Akademia se roepingstaak

Moedertaalonderrig die polsslag van Akademia se roepingstaak Gepubliseer op: 21 Februarie 2025 Wanneer daar na die spreekwoordelike harde- en sagteware van ʼn hoëronderwysinstelling –soos Akademia – gelet word, is beide belangrik, maar dit is deur goeie sagteware dat gehalte uitsette gelewer word. Uitsette wat ʼn positiewe impak in jou lewe, jou werksplek en jou gemeenskap […]

Ervare inligtingsbestuurspesialis neem leisels oor as waarnemende dekaan

Ervare inligtingsbestuurspesialis neem leisels oor as waarnemende dekaan Gepubliseer op: 18 Februarie 2025 Akademia kondig met trots die aanstelling van dr. Piet Pretorius, ʼn ervare inligtingsbestuurspesialis en bewese akademikus, as waarnemende dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe aan. Dié aanstelling is effektief vanaf Januarie 2025. Pretorius, wie se professionele loopbaan oor méér as 45 jaar strek, […]

Akademia se Paarl-kampus: Vestigingsproses vorder goed

Akademia se Paarl-kampus: Vestigingsproses vorder goed Gepubliseer op: 11 Februarie 2025 As alles volgens plan verloop sal Akademia se geografiese uitbreiding na die Wes-Kaap in Februarie 2026 ʼn hoogtepunt bereik wanneer dié instelling die deure na sy splinternuwe Paarl-kampus vir die akademiese jaar oopswaai. Só vertel Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, tydens ʼn Wes-Kaap-hoofdegeleentheid […]