Boedeladministrasie is ʼn belangrike deel van finansiële beplanning – Akademia-kenner

Boedeladministrasie is ʼn belangrike deel van finansiële beplanning – Akademia-kenner Gepubliseer op: 20 September 2024 Met die aanbreek van Nasionale Testamentweek, wat van 16 tot 20 September 2024 plaasvind, val die kollig opnuut op boedelbeplanning as ʼn belangrike deel van effektiewe finansiële beplanning. Volgens Monique Bräsler, ʼn dosent in Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe aan Akademia, […]

Deelnemers aan die Jongerenprojek besoek Akademia en versterk só taalbande

Deelnemers aan die Jongerenprojek besoek Akademia en versterk só taalbande Gepubliseer op: 20 September 2024 Internasionale deelnemers aan die Jongerenprojek (JP) het in Julie voet aan wal gesit in Suid-Afrika en ook onder meer tyd by Akademia se kampusse in Centurion, Gauteng, spandeer. Dié gesogte uitruilprogram poog jaarliks om deelnemers by wyse van ʼn uitruilprogram […]

Aandag 2024-matrikulante: Akademia beloon akademiese prestasie met merietebeurse

Aandag 2024-matrikulante: Akademia beloon akademiese prestasie met merietebeurse Gepubliseer op: 11 September 2024 Die 2024-matriekgroep maak gereed om op 21 Oktober die eksamenlokaal te betree om met hul eindeksamen te begin. Terselfdertyd moet ouers en dié groep voornemende skoolverlaters die stygende koste van hoër onderwys in die gesig staar. Gedagtig aan hierdie realiteit maak Akademia […]

Akademia se tweede honneursprogram in 2025 aangebied

Akademia se tweede honneursprogram in 2025 aangebied Gepubliseer op: 2 September 2024 Die Departement Tale en Kultuurwetenskappe, soos gesetel in die Fakulteit Geesteswetenskappe, groei van krag tot krag. Dié departement het op Maandag 2 September 2024 die nuus bekendgemaak dat hy vanaf 2025 die instelling se tweede honneursprogram sal aanbied. Die BAHons (Media en Kommunikasie) sal […]

Akademia se nauurse afstandsmodel plaas studiedrome binne elkeen se bereik

Akademia se nauurse afstandsmodel plaas studiedrome binne elkeen se bereik Gepubliseer op: 8 Augustus 2024 Dié jaar is met ʼn knal uit die wegspringblokke en te midde van al die rep en roer is die halfpadmerk op die kalender reeds verbygesteek. Met hierdie werklikheid in gedagte is daar nie ʼn beter tyd as juis nou […]

Akademia en Kanton stel monumentale kampusontwikkeling bekend

Akademia en Kanton stel monumentale kampusontwikkeling bekend Gepubliseer op: 1 Augustus 2024 Die eiendomsontwikkelingsmaatskappy Kanton het vandag op 1 Augustus die nuwe kampusontwikkelingprojek van Akademia in Pretoria as deel van die Toekomsbouer-veldtog bekendgestel. Dié kampusprojek is die grootste ontwikkelingsprojek in die geskiedenis van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe en verteenwoordig ’n groot historiese keerpunt om […]

Akademia and Kanton announced monumental campus development

Akademia and Kanton announced monumental campus development Published on: 1 August 2024 Today on 1 August, the real estate development company Kanton launched the new campus development project of Akademia in Pretoria as part of the Toekomsbouer (future builder) campaign. This campus project is the largest development project in the history of the Afrikaans language […]

Akademia-kenner reken daar is steeds hoop vir Afrikaanse joernalistiek

Akademia-kenner reken daar is steeds hoop vir Afrikaanse joernalistiek Gepubliseer op: 29 Julie 2024 Geskryf deur Yolandi Groenewald, ʼn dosent in Tale en Kultuurwetenskappe by Akademia Die onlangse aankondiging deur Media24, wat aan die Suid-Afrikaanse mediareus Naspers behoort, dat hy beplan om die gedrukte weergawe van verskeie koerante waaronder Beeld en Rapport te sluit, het […]

Vrystaat-jongboer Carine ʼn trotse Fontie

Vrystaat-jongboer Carine ʼn trotse Fontie Gepubliseer op: 9 Julie 2024 Vir Carine Steenkamp (20) van Bothaville in die Vrystaat begin die lewe, soos die gewilde gesegde lui, presies daar waar die teerpad eindig en die Steenkamp-familieboerdery begin. Dié gemengde saai- en beesboerdery is die spil waarom Steenkamp se bestaan wentel, en sy meen dat dit […]

Akademia-alumni – ʼn pêrel in hul alma mater se kroon

Akademia-alumni – ʼn pêrel in hul alma mater se kroon Gepubliseer op: 3 Julie 2024 Om ʼn kwalifikasie by Akademia te verwerf verteenwoordig ʼn besonderse hoogtepunt in enige Fontie se lewensreis. Die oomblik wanneer jy trots oor die verhoog stap ná die suksesvolle voltooiing van ʼn kwalifikasie, vorm jy deel van dié instelling se uitgebreide […]

Akademia’s Western Cape dream takes shape

Akademia’s Western Cape dream takes shape Published on: 13 June 2024 Earlier this year Akademia shared the exciting news that by 2026 this higher education institution will be expanding its geographical footprint to the Western Cape. This expansion appeals to the institution’s new growth phase that led to the commissioning of an additional full-time campus […]

Akademia se Wes-Kaap-droom neem vorm aan

Akademia se Wes-Kaap-droom neem vorm aan Gepubliseer op: 13 Junie 2024 Akademia het vroeër vanjaar die opwindende nuus gedeel dat dié hoëronderwysinstelling in die proses is om sy geografiese voetspoor in die Wes-Kaap teen 2026 uit te brei. Hierdie uitbreiding spreek tot die instelling se nuwe groeifase wat vanjaar reeds uitgeloop het op die ingebruikneming […]

Van toeka se bordkryt na klaskamer in die kuberruimte

Van toeka se bordkryt na klaskamer in die kuberruimte Gepubliseer op: 24 Mei 2024 Die Fakulteit Opvoedkunde het die afgelope week gestalte gegee aan Akademia se leuse ad futurum per fontes oftewel na die toekoms deur die bronne. Dr. Pierre Edwards het op 21 Mei tydens sy openbare lesing ʼn interessante en boeiende blik oor […]

Dowe Akademia-student verwerf kwalifikasie en wil ander inspireer

Dowe Akademia-student verwerf kwalifikasie en wil ander inspireer Gepubliseer op: 14 Mei 2024 Akademia-alumnus, Jean-mari Cornelius (48) is doof, maar het nie toegelaat dat dit haar studiedroom kelder nie. Haar deursettingsvermoë is tydens die instelling se onlangse kwalifikasieplegtigheid in April ryklik beloon toe sy haar BCom (Ekonomie en Regte)-kwalifikasie verwerf het. Cornelius is die eerste […]

Poolse akademikus inspireer Akademia-studente

Poolse akademikus inspireer Akademia-studente Gepubliseer op: 8 Mei 2024 Wat studente ook al studeer, hulle gebruik in hul studie taal/tale en gaan in hul toekomstige werk bewus kommunikeer. Met ander woorde, dit sou goed wees as hulle doelgerig met tale omgaan. Dit is die mening van prof. Jerzy Koch, bekende Poolse akademikus en letterkundige van […]