Sentrumopedag in die Moot

Akademia-sentrum, Waverley Plaza, Pretoria

DATUM

16 Mei 2025 – Sessie 1:
Volwasse mark (Versterk jou loopbaan)

17 Mei 2025 – Sessie 2:
Skoolverlaters (My loopbaanreis ná skool)

TYD

Sessie 1: 18:00-19:30

Sessie 2: 09:00-10:30

Voltooi ʼn gehalte program in jou moedertaal, voltyds op kampus in Centurion of nauurs oor afstand in die Moot.

Woon Akademia se sentrumopedag oor studiemoontlikhede in 2026 by!

Akademia bied vele opsies vir voltydse kampus- of nauurse afstandstudie. Kom vind meer uit oor die verskillende onderrigleermodelle en programme by ons sentrumopedag.

Elke sessie sal die volgende aspekte dek deur die loop van die 90 minuut-program:

ʼn Oorsig van Akademia

Wat kan ek studeer?

Hoe werk die klasbywoning?

Hoe werk die aansoekproses?

ʼn Vraag-en-antwoord-sessie om enige kwelvrae te beantwoord.

Personeel en studente staan gereed om jou te ontvang. Kom kuier lekker saam!

Hoe werk die registrasieproses vir die opedag?
  • Registreer asb. vooraf vir die spesifieke sessie wat jy sal wil bywoon sodat ons ʼn aanduiding het van die hoeveelheid besoekers om te verwag.
  • Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik dan op “Bespreek”.
  • Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
  • Wees asb. tien minute voor aanvangs van die sessie reeds by die sentrum sodat die program stiptelik op die aangeduide tyd kan begin.
Meer oor Akademia se onderrigleermodelle

Meer inligting oor die nauurse afstandsmodel, sowel as die voltydse kampusmodel is op die webblad beskikbaar.

Akademia bied ʼn verskeidenheid hoëronderwyskwalifikasies aan om jou loopbaan te verseker. Lees meer hier.

Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE