Sentrumopedag in Bloemfontein
Akademia-sentrum, The Towers-winkelsentrum, Bloemfontein
DATUM
5 Oktober 2024
5 Oktober 2024
TYD
09:00-10:30
11:00-12:30
Voltooi ʼn gehalte program in jou moedertaal, voltyds op die Centurion-kampusse of nauurs oor afstand in Bloemfontein
Woon Akademia se sentrumopedag oor studiemoontlikhede in 2025 by!
Akademia bied verskeie opsies vir voltydse kampusstudie of nauurse afstandstudie. Kom vind meer uit oor die verskillende onderrigleermodelle en programme by ons sentrumopedag.
Elke sessie sal die volgende aspekte deur die loop van die 90 minuut-program dek:
ʼn Oorsig van Akademia
Wat kan ek studeer?
Hoe werk die klasbywoning?
Hoe werk die aansoekproses?
ʼn Vraag-en-antwoord-sessie om enige knaende navrae te beantwoord.
Personeel en studente staan gereed om jou te ontvang. Kom kuier lekker saam!
Hoe werk die registrasieproses vir die opedag?
- Registreer asb. vooraf vir die spesifieke sessie wat jy sal wil bywoon sodat ons ʼn aanduiding het van die hoeveelheid besoekers om te verwag.
- Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik dan op “Bespreek”.
- Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
- Wees asb. tien minute voor aanvangs van die sessie reeds by die sentrum sodat die program stiptelik op die aangeduide tyd kan begin.
Meer oor Akademia se onderrigleermodelle
Meer inligting oor die nauurse afstandsmodel, sowel as die voltydse kampusmodel is op die webblad beskikbaar.
Akademia bied ʼn verskeidenheid hoëronderwyskwalifikasies aan om jou loopbaan te verseker. Lees meer hier.
Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE