Kampusopedag in die Paarl
9 & 10 Mei 2025
Paarl-sentrum, Bredastraat 1, Esterville, Paarl
Sessie een | Vrydag 9 Mei om 15:30
Sessie twee | Saterdag 10 Mei om 09:00 (vol bespreek)
Sessie drie | Saterdag 10 Mei om 13:00
Akademia is trots-Afrikaans en tuis op ons splinternuwe voltydse kampus in die Paarl. Kom vind uit waarom studentwees meer as net jou studie is by Akademia se kampusopedag in die Paarl. By Akademia vorm ons denke én hart, met ʼn bruisende studentelewe wat jou drome ʼn werklikheid maak. Moet dit nie misloop nie! Bespreek jou plek om deel te wees van hierdie geleentheid.
WAAROM MOET EK DIE OPEDAG BYWOON?
Om al my studiemoontlikhede te oorweeg
Om met dosente te gesels
Om ʼn voorsmakie van ʼn gesonde studentelewe in Afrikaans te ervaar
Om medestudente te ontmoet
Om inligting by bemarkingsadviseurs te kry
Om die hart van Akademia te ervaar
Wat kan ek verwag van die kampusopedag

’n Oorsig oor Akademia

Studierigtingspesifieke inligting

’n Blik op die studentelewe
Belangrike inligting
- As gevolg van beperkte kapasiteit van lokale versoek ons dat voornemende studente deur slegs twee gaste vergesel word.
- Dit is nie nodig om apart te bespreek vir die gaste nie. Slegs een registrasie per voornemende student is nodig.
AKADEMIA – studentwees is meer as net jou studies!
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE