Search
Close this search box.

Inligtingsessie oor NGOS by Akademia in 2024

DATUM

5 Oktober 2023

TYD

18:00-19:30

Is jy ʼn spesialis in jou veld met ʼn roeping vir die onderwys? Bekwaam jouself verder met ʼn Nagraadse Onderwyssertifikaat

Kom kuier op Wêreldonderwysersdag (5 Oktober 2023) aanlyn saam met ons. Hier kan jy uitvind hoe Akademia se Nagraadse Onderwyssertifikaat (NGOS) vir Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys aan studente aanvanklike professionele opleiding bied. Die fokus is op die ontwikkeling van die nodige pedagogiese inhoudskennis, vaardighede en ervaring in die opvoedkundige werkplek. Hierdie vaardighede sal studente in staat stel om dit wat hulle leer toe te pas as ʼn beginneronderwyser in skole waar verskillende kontekste bestaan.

Indien jy daarin belangstel om NGOS in 2024 via die nauurse afstandsmodel by Akademia te studeer, woon die interaktiewe aanlyn inligtingsessie op Donderdag 5 Oktober 2023 om 18:00 by.

DIE PROGRAM VIR DIE INLIGTINGSESSIE
  • ʼn Oorsig van Akademia
  • ʼn Oorsig oor die NGOS-program
  • Hoe werk die klasbywoning?
  • Hoe werk die proefonderwystydperk?
  • Hoe werk die aansoekproses?
  • Wat is die toelatingsvereistes?
  • ʼn NGOS-alumnus deel hulle verhaal
  • ʼn Vraag-en-antwoord-sessie om enige knaende navrae te beantwoord.


Let asb. daarop dat hierdie sessie SLEGS die NGOS-program hanteer.

HOE WERK DIE REGISTRASIEPROSES VIR DIE INLIGTINGSESSIE
  • Jy moet eers vooraf registreer om toegang tot die inligtingsessie te verkry.
  • Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik op “Bespreek”.
  • Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
MEER OOR AKADEMIA SE NAUURSE AFSTANDSMODEL

Meer inligting oor die nauurse afstandsmodel is op die webblad beskikbaar.

Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE