Netwerkgeleentheid in George
DATUM
13 Oktober 2023
TYD
12:00 vir 12:30
KOSTE
R100 per persoon
Wil jy jou besigheid se operasionele strategie bemeester?
Kom vind uit hoe strategiese bestuursimulasie jou kan help saam met Akademia et al. se Christine Terblanche tydens ons netwerkgeleentheid in George.
Die program vir die geleentheid:
- Aankoms en verwelkoming
- Christine Terblanche – Strategiese bestuursimulasie: Bemeester operasionele strategie
- Vrae-en-antwoordsessie oor Akademia en Akademia et al.
- Netwerkgeleentheid en versnaperinge
Meer oor Akademia se nauurse afstandsmodel vir werkende studente
Meer inligting oor die nauurse afstandsmodel is op die webblad beskikbaar.
Akademia bied ʼn verskeidenheid hoëronderwyskwalifikasies aan om jou loopbaan te verseker. Lees meer hier.
Meer oor Akademia et al.
Akademia et al., gesetel onder die Akademia-vaandel, is in 2022 gevestig om praktykgerigte kortkursusse met ʼn akademiese onderbou aan individue en/of ondernemings te bied. Dié kortkursusse word aangebied deur uitgesoekte akademici en kundiges en word verpak om te fokus op die behoeftes van die werksplek asook akademiese verdieping.
Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE