*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

Nauurse afstandsmodel bied buigsaamheid, toeganklikheid en toegevoegde waarde aan besige individue

Gepubliseer op:  10 Desember 2025

In ʼn wêreld waar tyd ʼn beslissende rol speel, maar terselfdertyd ʼn skaars kommoditeit is, bied Akademia se dinamiese nauurse afstandsmodel buigsaamheid, toeganklikheid én toegevoegde waarde aan studente wat reeds in die werksplek gevestig is óf wat voltyds ander belangstellings nastreef. Dié onderrigleermodel is nommerpas vir besige individue, leergieriges van welke ouderdom ook al asook jong skoolverlaters en bied só toegang tot die instelling se uitgebreide en gehalte programverskeidenheid in Afrikaans.

Die goeie nuus is dat indien jy ʼn studiedroom koester en jouself in 2026 met loopbaan- en selfontwikkeling wil besig, jy nie ʼn beslissende keuse tussen werk óf studie hoef te neem nie. Die nauurse afstandsmodel bied jou die geleentheid om, ongeag van waar in die wêreld jy jouself bevind, in persoon by een van ʼn netwerk van sentrums dwarsoor Suid-Afrika klas te draf, óf via ʼn e-leeropsie aan klasse deel te neem. Kontaksessies vind gevolglik op weeksaande en Saterdae plaas en tegnologie word aangewend om dosente en studente in virtuele leerruimtes byeen te bring.

Benewens ʼn gerieflike rooster bied dié model voorts aan Afrikaanssprekendes buite die Suid-Afrikaanse landsgrense die geleentheid om in hul moedertaal te studeer. Akademia se internasionale voetspoor sluit lande soos Australië, Namibië, Nederland, Nieu-Seeland, Rusland, Swede, Thailand, die Verenigde Emirate en die VSA in.

Klik hier om meer te wete te kom oor die instelling se programverskeidenheid.

Registreer vandag nog vir die aanlyn inligtingsessie

Indien jy jou studiereis in 2026 aan Akademia wil begin skakel op Donderdag 15 Januarie in vir ʼn aanlyn inligtingsessie oor hierdie onderrigleermodel. Die sessie sal vanaf 18:00 tot 19:00 strek en jou die geleentheid bied om direk met ervare en kundige Akademia-personeellede te gesels.

Voorgraadse studieaansoeke vir 2026 is oop tot 30 Januarie.

Studente wat by wyse van die nauurse afstandsmodel hul studie aanpak, het die keuse om by een van ʼn netwerk van sentrums dwarsoor Suid-Afrika klas te draf, óf via ʼn e-leeropsie aan klasse deel te neem.

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.