*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

Nasionale Biblioteekweek: Wanneer kennis herleef, kry die toekoms vlerke

Gepubliseer op:  16 Maart 2026

Nasionale Biblioteekweek word hierdie jaar van 16 tot 22 Maart gevier met die tema, “Herontdek kennis, en ontsluit die toekoms!”. Hierdie inisiatief is in 2001 deur die Biblioteek- en inligtingsvereniging van Suid-Afrika (LIASA) begin en dit word jaarliks aangebied met die doel om biblioteke se belang in die samelewing te beklemtoon.

Volgens Lianda Coetzer, bibliotekaresse by Akademia, sluit vanjaar se tema ten nouste by die instelling se leuse, Ad futurum per fontes – vanuit die bronne na die toekoms, aan. Sy verduidelik voorts dat in ʼn wêreld waar inligting teen ʼn verbysterende spoed gegenereer én gedeel word, biblioteke as stil en standvastige ruimtes gesien moet word. Binne dié ruimtes word kennis nie net doelgerig bewaar nie, maar ook voortdurend herontdek.

“Daar lê ʼn groot waarheid opgesluit in die gedagte dat ʼn mens nie vorentoe kan beweeg, as jy nie eers die ervaring en lesse vanuit die verlede deeglik in oënskou geneem het nie,” sê Coetzer. Ter ondersteuning hiervan noem sy dat klassieke werke, soos byvoorbeeld die geskrifte van Homeros, die werke van Shakespeare en sleuteltekste vanuit die Afrikaanse letterkunde, wyshede bevat wat reeds vir eeue lank diepe vormingswaarde ontsluit. “Elke keer wanneer hierdie werke herbesoek word, ontgin lesers nie nét verhale uit die verlede nie, maar óók insigte wat relevant en toepasbaar is binne die moderne milieu van tegnologiese vooruitgang en digitale omwenteling. In kort: boustene vir die toekoms.”

“Die literêre helde van gister, dien telkens as rolmodelle vir deugde soos karakter, etiese handelinge en menslikheid,” meen Coetzer en voeg by dat die lewenswaarhede wat op hierdie wyse geopenbaar word, die hedendaagse leser help om krities en innoverend na sy of haar leefwêreld te kyk.

Een van die maniere waarop Akademia daagliks hierdie klassieke vorming beliggaam, is deur die Groot Boeke-projek. Hierdie projek rus Fonties* toe met die nodige ideetoerusting om die komplekse uitdagings van die tyd met selfvertroue aan te durf. “Deur saam te lees aan kernbelangrike tekste vanuit die Westerse beskawingsliteratuur, herontdek studente én personeel opnuut nuwe betekenis uit wyshede van die verlede,” sê Coetzer. Sy voeg by dat die keuse van werke wissel van antieke epiek tot meer moderne geloof- en literêre denkers. Vanjaar se leeslys by die instelling sluit in:

  • Mere Christianitydeur CS Lewis (eerstejaarstudente)
  • The Hobbitdeur JRR Tolkien (eerstejaarstudente)
  • Die Odusseia(tweedejaarstudente)
  • Notes from Underground deur Fyodor Dostoevsky (derdejaarstudente en personeel)
  • The Death of Ivan Ilyich deur Leo Tolstoy (derdejaarstudente en personeel)
  • The Picture of Dorian Graydeur Oscar Wilde (derdejaarstudente en personeel)

Volgens Coetzer speel biblioteke – tradisioneel én digitaal – ʼn baie belangrike ondersteunende rol in die vormingsproses. Deur toegang te bied tot ou en nuwe bronne, maak biblioteke dit vir elke gemeenskap moontlik om op ʼn ingeligte en weldeurdagte manier die toekoms tegemoet te stap. “Wanneer klassieke kennis boonop met nuwe tegnologie, navorsingsmetodes en digitale vaardighede verweef word, word lesers toegerus om meer veerkragtig na die toekoms uit te reik,” sê Coetzer.

Sy sluit af deur te sê dat Nasionale Biblioteekweek opnuut ʼn gulde geleentheid vir gemeenskappe is om hulself toekomsgereed te maak deur die lesse en kennis wat hul voorafgegaan het.

*Fonties is die gegewe naam vir studente wat aan Akademia studeer. Dit is afgelei van Akademia se leuse, Ad futurum per fontes – vanuit die bronne na die toekoms.

Nasionale Biblioteekweek vind vanjaar vanaf 16 tot 22 Maart plaas, en die tema is, “Herontdek kennis, en ontsluit die toekoms!”. Laasgenoemde sluit ten nouste by Akademia se leuse, Ad futurum per fontes – vanuit die bronne na die toekoms, aan.

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.