Gepubliseer op: 19 Maart 2025
Geskryf deur Lianda Coetzer, bibliotekaris by Akademia.
Nasionale Biblioteekweek word vanjaar vanaf 17 tot 23 Maart gevier. Hierdie week word sedert 2011 jaarliks herdenk en het dit ten doel om klem te lê op die belangrike rol wat biblioteke in die gemeenskap speel. Vanjaar se tema fokus op volhoubare gemeenskappe en sluit ten nouste by Akademia se maandtema vir Maart aan, naamlik: “Afrikaans en tuis in die gemeenskap”.
Biblioteke speel méér as net ʼn ondersteuningsrol binne die gemeenskapsmilieu. As toeganklike leerruimtes vervul biblioteke óók ʼn groot ontwikkelingstaak wat hand aan hand met gemeenskapsverbondenheid loop. Die daarstelling van ʼn wye verskeidenheid inligtingsbronne, waaronder boeke, tydskrifte, koerante en digitale hulpbronne ontsluit nie net kwessies waarmee gemeenskappe gekonfronteer word nie, maar ook geleenthede vir sosiale interaksie en oop gesprekke. Laasgenoemde neem dikwels die vorm aan van leesgroepe, boekklubs, uitstallings en gespreksessies.
Binne die akademiese omgewing verteenwoordig biblioteke en mediasentrums die hartklop van enige kampus as die bymekaarkomplek van studente, dosente en navorsers. Hierdie ruimtes neem in hierdie opsig die vorm van denkforums aan waar die soeke na kennis, intellektuele debatvoering en beredenering hoogty vier. Terselfdertyd vind daar ʼn dinamiese wisselwerking plaas tussen bestaande kennis en die strewe na die ontginning van nuwe insigte. In kort: gemeenskapsverbondenheid in aksie. In die geval van Akademia, wat nie net oor ʼn voltydse kampusgemeenskap beskik nie, maar ook studente wat nauurs oor afstand studeer, neem hierdie verbondenheid voorts ʼn digitale dimensie aan. Laasgenoemde spreek direk tot die gemeenskapsontwikkelingsaspek wat met biblioteke gepaard gaan.
Opsommend, kan die rol van biblioteke as gemeenskapsinstellings as volg opgesom word:
Die Akademia-mediasentrum in ʼn neutedop
Akademia se mediasentrum is nougeset verbind tot voortgesette uitnemendheid – nie net wat toegang tot inligtingsbronne betref nie, maar ook in die lewering van professionele ondersteuning. Hierdeur word die akademiese gemeenskap nie net intellektueel uitgebrei nie, maar word ʼn kultuur van lewenslange leer aktief bevorder.
Die mediasentrum het sy deure op 4 Januarie 2021 oopgemaak ter ondersteuning van beide die instelling se onderrigleermodelle, naamlik die voltydse kampusmodel en die nauurse afstandsmodel. Tans geniet die mediasentrum ʼn fisiese voetspoor op beide die kampusse in Centurion, en sal daar ook ʼn mediasentrum op die Paarl-kampus ingerig word vir studente wat in 2026 hul studie daar sal aanpak.
Hiermee ʼn paar blitsfeite oor die mediasentrum:
ʼn Verskeidenheid van ooptoegangsbronne is aanlyn beskikbaar.
As tuistes van kennis, opleiding, erfenis en gemeenskap behoort die waarde van biblioteke nie net tydens gebeurlikhede soos Nasionale Biblioteekweek gevier te word nie. Néé, as ʼn belangrike en noodsaaklike hoeksteen van gemeenskapsontwikkeling en samehorigheid, moet daar aktief en voortdurend na die uitbouing van biblioteke gestreef word.
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2025 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.