Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur
Die oorkoepelende doel van die Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur is om werkende professionele opvoeders in staat te stel om betrokke te wees by gevorderde refleksie en ontwikkeling deur middel van ʼn sistematiese opname van huidige denke en praktyk in die veld van onderwysleierskap en bestuur.
WAT KAN EK MET DIE NAGRAADSE DIPLOMA IN SKOOLLEIERSKAP EN -BESTUUR-PROGRAM DOEN?
Hierdie program sal die student se kennis op die gebied van onderwysleierskap en -bestuur versterk en verdiep wat hulle in staat sal stel om leiers sowel as middel- of senior bestuurders in hierdie professionele veld te word. Hierdie program gee ook toegang tot ʼn verwante meestersgraad op NKR-vlak 9.
WAT BEHELS DIE PROGRAM?
NKR-vlak 8
120 krediete
SAKO-nommer: 123161
ONDERRIGLEERMODEL: Nauurse afstandsmodel
KWALIFISEER EK OM DIE NAGRAADSE DIPLOMA IN SKOOLLEIERSKAP EN -BESTUUR TE STUDEER?
MODULES
Studente sal leierskap en bestuur konseptualiseer en begrip toon van die onderskeidende maar aanvullende aard van hierdie konsepte en die teorie in die praktyk toepas.
Studente sal toegerus word om mense in die skoolomgewing te bestuur en te lei deur gekontekstualiseerde kernkwessies.
Studente moet demonstreer hoe kurrikulumleierskap en -bestuur kan bydra tot die vestiging van ‘n onderrig- en leergemeenskap wat tot langtermyn verbetering van skole kan lei.
Studente sal met belangrike wetgewing rakende skoolfinansies omgaan, die praktiese implikasies daarvan verduidelik, en ook hoe om fisiese hulpbronne te benut en in stand te hou vir gehalte-onderwys
Studente sal toegerus word met die nodige kennis, vaardighede en houding rakende beleidsontwikkelingsprosesse, die toepassing van wettige konstrukte, sowel as die begrip van bestuursstrukture en hul effek op die onderwyspraktyk.
Studente sal die vermoë demonstreer om die gevorderde kennis en vaardighede wat hulle opgedoen het deur die bestudering van Skoolleierskap en -bestuur toe te pas op ‘n manier wat sal bydra tot verandering in hul professionele omgewing.
ANDER INLIGTING
Die minimum tydsduur vir die program is twee jaar en die maksimum toelaatbare tyd vir die voltooiing van die program is drie jaar.
Toelating tot die Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur kan verkry word indien die student beskik oor:
- ʼn Goedgekeurde en erkende vierjaarbaccalaureusgraad in Onderwys; OF
- ʼn Driejaar- algemene baccalaureusgraad en ʼn nagraadse onderwyssertifikaat (NGOS) (of ʼn voormalige ekwivalent); OF
- ʼn Vierjaar- professionele onderwyskwalifikasie(s) sowel as ʼn verwante Gevorderde Diploma in Onderwys met 120 krediete op NKR-vlak 7.
Hiermee saam moes ʼn student ook ʼn gemiddeld van minstens 60% behaal het vir die modules wat op NKR-vlak 7 geneem is in die finale jaar van ʼn verwante graad, of in ʼn NGOS of in ʼn verwante Gevorderde Diploma in Onderwys.
Volledige programkoste: Vanaf R44 880 (deeltyds oor tweejaar aangebied)
Jaar een: Vanaf R22 814
Jaar twee: Vanaf R22 066
Handboeklyste word ná suksesvolle registrasie aan studente gekommunikeer.
DOEN NOU AANSOEK OM ‘N NAGRAADSE DIPLOMA IN SKOOLLEIERSKAP EN -BESTUUR TE STUDEER