Nagraadse Diploma in Belasting
Die Nagraadse Diploma in Belasting is bedoel vir studente wat ʼn loopbaan in belasting beoog. Die student kry die kennis en vaardighede wat benodig word om ʼn belastingkenner te word wat in staat is om organisatoriese en individuele nakoming van die vereistes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Nasionale Tesourie te verseker. Die suksesvolle student is in staat om ontwikkelinge in die verskillende velde van belasting te ontleed.
Hierdie program bied aan studente gevorderde kennis, vaardighede en analitiese vermoëns in die belastingdissipline.
WAT KAN EK MET DIE NAGRAADSE DIPLOMA IN BELASTING DOEN?
Die Nagraadse Diploma in Belasting is ideaal vir individue wat ʼn loopbaan in belasting oorweeg. Die student sal die nodige kennis en vaardighede kry om ʼn belastingkenner te word wat in staat is om organisatoriese en individuele nakoming van die vereistes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Nasionale Tesourie te verseker. Die suksesvolle leerder is in staat om kontemporêre ontwikkelinge in die verskillende velde van belasting te ontleed.
WAT BEHELS DIE PROGRAM?
AKKREDITASIES
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Belasting (SAIT) is die grootste van die professionele belastingliggame in Suid-Afrika en het dit ten doel om die belastingberoep te bevorder deur standaarde in opleiding, nakoming, monitering en prestasie te ontwikkel. SAIT dra by tot die ontwikkeling van wêreldklas professionele praktyke en mense. Die Instituut speel ʼn leidende rol in die ontwikkeling van gesonde belastingbeleid en die vorming van fiskale wetgewing deur middel van praktyke in, en dialoog met, die Parlement. SAIT dra aktief by tot toonaangewende denkleierskapsinhoud en leiding aan belastingbetalers.
Hierdie akkreditasie verskaf aan Akademia-studente die gemoedsrus dat ʼn professionele beheerliggaam die Nagraadse Diploma in Belasting beoordeel het en gevind het dat dit aan die SAIT-vereistes voldoen in terme van akademiese kwalifikasie vir lidmaatskap. Dit is steeds nodig vir studente om aan die verdere vereistes van relevante praktiese ervaring te voldoen en die finale SAIT-toelatingseksamen suksesvol te voltooi, om lidmaatskap te verwerf.
Vir Akademia verskaf die akkreditasie die bevestiging vanaf ʼn professionele onafhanklike instelling dat die kwalifikasie wel voldoen aan die nodige standaarde soos in praktyk vereis.
Lees meer hier.
KWALIFISEER EK OM DIE NAGRAADSE DIPLOMA IN BELASTING TE STUDEER?
MODULES
Hierdie module bied kennis aan die student rakende belasting in die Suid-Afrikaanse omgewing.
Die module rus studente toe met beginsels van internasionale belastingkonsepte.
Hierdie module verskaf diepgaande begrip en praktiese toepassing van die Suid-Afrikaanse belastingstelsels.
Studente word in staat gestel om gedetailleerde berekeninge te doen gebaseer op praktiese gevallestudies en om advies aan kliënte te gee.
Hierdie module behels die samestelling van ʼn navorsingsvoorstel om ʼn tekortkoming in belastingverband aan te spreek.
ANDER INLIGTING
Die program kan in ’n minimum tydsduur van een jaar voltooi word. Die maksimum toelaatbare tyd vir voltooiing is drie jaar.
Om in aanmerking te kom vir toelating tot die Nagraadse Diploma in Belasting, word die volgende benodig:
- BCom (Rekeningkunde) / BCom (Bestuursrekeningkunde)-graad of ooreenstemmende kwalifikasie op NKR-vlak 7 met Belasting as hoofvak.
Programkoste vir 2025
Jaar een: Vanaf R52 360
Handboeklyste word na suksesvolle registrasie aan studente gekommunikeer.
DOEN NOU AANSOEK OM ‘N NAGRAADSE DIPLOMA IN BELASTING TE STUDEER