Search
Close this search box.

MERIETEBEURSE

vir 2024-matrikulante vanaf 2025

KRITERIA VIR TOEKENNING VAN MERIETEBEURSE

Toekenning vir merietebeurs vir elke onderskeiding (80% of meer) behaal. Bedrag toegeken vir onderskeidings behaal in vakke soos deur Akademia in kategorieë ingedeel:

Kategorie A-vakke

R8 000 per onderskeiding

Wiskunde
Fisiese Wetenskappe
Lewenswetenskappe

Kategorie B-vakke

R4 000 per onderskeiding

Afrikaans Huistaal
Engels Eerste Addisionele Taal
Rekeningkunde
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Engels Huistaal

Kategorie C-vakke

R2 000 per onderskeiding

Alle ander vakke (uitgesluit LO)

*Lewensoriëntering as vak word uitgesluit en geen merietebeurs word vir ʼn onderskeiding in hierdie vak toegeken nie.

Die merietebeurs is slegs geldig vir 2024-matrikulante wat direk na voltooiing van graad 12 met studies in 2025 sal begin.

Die merietebeurs is slegs geldig vir studente wat toegelaat en geregistreer is vir drie- of vierjaar-baccalaureusgrade wat deur Akademia aangebied word.

Merietebeurse is van toepassing op beide die nauurse afstandsmodel en die voltydse kampusmodel.

Merietebeurse word slegs toegeken aan studente wat Umalusi, SACAI of IEB-eksamens afgelê het.

Indien jy jou studie oor ʼn aantal jare versprei, sal die merietebeurs steeds geld. Krediet vir onderskeidings word op die student se rekening geplaas in jaar een van studie. Indien die kredietbedrag nie ten volle gebruik word vir studiefooie of koshuisgelde in die jaar nie, sal dit oorgedra word na die opeenvolgende akademiese jaar. Indien ʼn student nie hul studieprogram voltooi nie, sal die beurs as terugbetaalbaar beskou word en Akademia behou die reg voor om die volle bedrag van die beurs terug te vorder.

In die geval waar ʼn student studies moet onderbreek om enige geldige rede, na die voltooiing van ʼn studiejaar en voordat die eerste semester van die daaropvolgende studiejaar begin, mag skriftelik by die registrateur aansoek doen en redes vir die onderbrekingsversoek verstrek. Die registrateur sal die student in kennis stel of toestemming verleen word om steeds die merietebeurs te behou vir die onderbreking van studies van ʼn maksimum periode van een jaar.

Merietebeurse vir 2024-matrikulante word outomaties in Maart 2025 toegeken gebaseer op die finale matriekeksamenuitslae soos ontvang voor einde Februarie 2025. Merietebeurse sal nie toegeken word indien jy jou matriekvakke oordoen of oorgedoen het nie. Geen verdere aansoek word benodig nie.

Die beursbedrag sal slegs teen jaarlikse klasfooie of koshuisfooie gekrediteer word en mag nie vir kontant omgeruil of gebruik word vir die aankoop van akademiese materiaal, die aankoop van handboeke, skryfbehoeftes of koshuisfooie nie. Indien die student reeds hul volle rekening vooruit betaal het, sal die beurs op die student se rekening aangedui word. Akademia kan die krediet op die rekening terugbetaal indien die student versoek.

’n Maksimum bedrag van R50 000 per student kan toegeken word as korting vir merietebeurse, ongeag die aantal onderskeidings behaal.

Geen toekenning sal gemaak word vir ’n onderskeiding in Lewensoriëntering nie.

Akademia behou die reg voor om die bepalings en voorwaardes van hierdie beurs te eniger tyd te hersien en aan te pas.

Die besluite van die Beurskomitee is finaal en bindend, en geen korrespondensie of proses van appèl sal oorweeg word nie.

Indien die beursstudent Akademia se gedragskode oortree of skuldig bevind word aan ʼn wangedrag (volgens die bepalings soos uiteengesit in die Dissiplinêre Beleid vir Studente), behou Akademia die reg voor om die merietebeurstoekenning te hersien en te kanselleer. Hierdie besluit sal uitsluitlik binne die diskresie van die senaat van Akademia plaasvind. Die student sal dan aanspreeklik gehou word vir die studiekoste van toepassing.

Die beursontvanger verleen hiermee aan Akademia volle regte en toestemming om die beursontvanger se akademiese prestasie en sy/haar verbintenis met Akademia na te verwys, en bekend te maak. Dit kan via in enige vorm bv. kopieë of geskrewe publikasie geskied. Handtekening van hierdie bepalings en voorwaardes verleen toestemming deur die beursontvanger vir hierdie doel, met die verstande dat Akademia nie die beursontvanger se reg op privaatheid in die proses mag skend nie.

Akademia behou die reg voor om die aantal beurse te beperk tot ʼn maksimum bedrag soos deur die instelling begroot.

Merietebeurse word outomaties deur die stelsel toegeken aan die hand van aanvanklike graad 12-punte. Indien matriekrekords ná afloop van hermerke verander, is dit die student se verantwoordelikheid om voor 31 Maart Akademia in kennis te stel met jongste matriekuitslae vir oorweging deur die beurskomitee vir die verdere toestaan van ‘n merietebeurs.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.