Studieaansoeke vir 2025 is reeds oop

Search
Close this search box.

Akademia se Loopbaansentrum vir studente

Kry solank ʼn voet in die deur en skop jou loopbaanreis hier af!

Dié sentrum vorm deel van Akademia se opvoedingsideaal om afgeronde Afrikaanse studente aan gemeenskappe te lewer. Hierdie sentrum bied aan studente die ideale geleentheid om waardevolle blootstelling in die werksplek op te doen asook insig in die verskillende loopbaanroetes wat ʼn individu met ʼn bepaalde kwalifikasie kan betree. Die sentrum bied verder hierdie ondersteuning en geleenthede aan studente:

  1. Dit bied die geleentheid om werksgeleenthede en netwerke in die praktyk te bou.
  2. Dit berei jou voor en maak jou fiks vir werk.
  3. Die bou van vriendskappe met medestudente wat ook op soek is na werk.
  4. Dit bied deelname aan uitstekende mentorskapgeleenthede.
  5. Dit help met die ontwikkeling van mensgerigte vaardighede.
  6. Dit help met die uitbouing van kennis op akademiese, maar ook kulturele, gebied.
  7. Dit bied goeie CV-, onderhoud- en werksplekvoorbereiding asook -opleiding.
  8. Dit stel jou bloot aan die praktyk in verskillende rigtings van jou kwalifikasie.
  9. Dit bied jou die geleentheid om werkservaring op te doen en ʼn voorsprong in die werksplek ná voltooiing van studies te kry.
  10. Dit help jou om bewus te wees van werksgeleenthede.

 

Wat behels die sentrum:

  1. ʼn Posteportaal met ʼn lys van beskikbare poste, klerkskappe en internskappe – spesifiek vir Fonties.
  2. ʼn Loopbaanontwikkelingsprogram – ʼn eliteprogram om gereed vir werk te wees wanneer jy afstudeer.
  3. Werksvoorbereiding en -opleiding,
  4. ʼn Jaarlikse loopbaanskou – hier ontmoet jy maatskappye vanuit die praktyk.
  5. Loopbaanadvies vir voornemende en huidige Fonties.
  6. Nuus oor geleenthede vir voortgesette leer (Akademia et al.).

 

Opsoek na meer inligting:

Jou loopbaanreis begin hier!

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE