LLM deur navorsing

Die LLM deur navorsing by Akademia bied aan studente die geleentheid om gevorderde navorsing in Afrikaans oor ʼn bepaalde onderwerp in die reg te onderneem. Die program bied opleiding en vaardigheidsontwikkeling in navorsing deur formele nauurse werkswinkels en daaropvolgende praktiese navorsingsopleiding en studieleiding.

Studente word vir hierdie program gekeur en slegs ʼn beperkte aantal studente word toegelaat.

Wie sal by ʼn LLM deur navorsing baat

ʼn LLM deur navorsing is veral gesog onder regsgeleerdes wat gereelde navorsing in die reg onderneem, ʼn belangstelling in regsnavorsing het, belangstel om ’n loopbaan in ’n gespesialiseerde geteikende veld te volg of wat ʼn loopbaan in die akademie in die vooruitsig stel. Hierdie program voldoen ook aan een van die voorvereistes vir doktorale studie in die reg.

WAT BEHELS DIE PROGRAM?

 

NKR-vlak 9

180 krediete

SAKO-nommer: 123585

ONDERRIGLEERMODEL: Nauurse afstandsmodel (slegs e-leer)

AKKREDITASIES

Die Chartered Institute for Management Accountants (CIMA) is die wêreld se vooraanstaande en grootste professionele liggaam van bestuursrekenmeesters. Saam met die American Institute of Certified Public Accountants (AICPA) het CIMA in 2012 die Chartered Global Management Accountant (CGMA)-benaming geskep om lede ʼn nuwe vlak van hulpbronne en erkenning te bied.

Die CIMA-kwalifikasie kan verwerf word deur die eksamens by CIMA self af te lê. Jy kan ook vrystelling vir sommige CIMA-eksamens ontvang deur jou kwalifikasie by ʼn CIMA-geakkrediteerde instansie soos Akademia te verwerf. Indien jy die BCom (Bestuursrekeningkunde)-kwalifikasie by Akademia verwerf, ontvang jy ʼn graadkwalifikasie by Akademia wat vrystelling vir agt van die sestien eksamens by CIMA inhou.

Die CIMA-kwalifikasie is opgedeel in vier vlakke. Ná suksesvolle voltooiing van elke vlak ontvang jy ʼn sertifikaat.

  1. Sertifikaatvlak (vier eksamens, naamlik BA1, BA2, BA3 en BA4)
  2. Operasionele vlak (drie eksamens, naamlik E1, P1 en F1, asook ʼn gevallestudie-eksamen)
  3. Bestuursvlak (drie eksamens, naamlik E2, P2 en F2, asook ʼn gevallestudie-eksamen)
  4. Strategiese vlak (drie eksamens, naamlik E3, P3 en F3, asook ʼn gevallestudie-eksamen)

Die vlakke moet chronologies voltooi word, en jy moet eers al die eksamens in ʼn vlak slaag voordat jy die gevallestudie-eksamens van daardie vlak kan aflê. Die gevallestudie-eksamen is ʼn samevatting van al die inhoud in die E-, P- en F-pilare. (E = Enterprise, P = Performance, F = Financial)

Die stappe om jou CIMA-kwalifikasie en professionele CGMA-benaming te ontvang is soos volg:

  1. Voltooi jou BCom (Bestuursrekeningkunde)-graad (dit is ʼn driejaarprogram).
  2. Registreer as student by CIMA en doen aansoek om vrystellings. Ontvang vrystellings vir BA1, BA2, BA3, BA4, E1, P1, F1 en die operasionele vlak se gevallestudie-eksamen (sertifikaat- en operasionele vlak)
  3. Skryf die bestuurs- en strategiese vlak via CIMA.
  4. Doen drie jaar se praktiese ervaring op. Jy kan jou praktiese ervaring opdoen terwyl jy besig is om te studeer. Volg hierdie skakel vir meer inligting met betrekking tot CIMA se vereistes ten opsigte van praktiese ervaring.
  5. Ontvang jou CIMA-kwalifikasie en word erken as ʼn Chartered Global Management Accountant (CGMA).

Volg hierdie skakel vir verdere inligting oor CIMA.

Die South African Institute of Professional Accountants (SAIPA) is ‘n professionele rekeningkundige organisasie wat daartoe verbind is om die openbare belang te dien en te beskerm. Akademia se BCom (Bestuursrekeningkunde)-program is deur SAIPA geakkrediteer.

Om lidmaatskap by SAIPA te verkry moet die volgende stappe gevolg word:

  1. Die SAIPA-roete behels dat jy tydens of ná jou BCom (Finansiële en Bestuursrekeningkunde)- of BCom (Bestuursrekeningkunde)-studies by Akademia, aangestel word as ʼn klerk of vakleerling by ʼn rekeningkundige firma wat as ʼn Approved Training Centre (ATC) by SAIPA geregistreer is.
  2. Jy voltooi dan ʼn driejaarklerkskap by die goedgekeurde rekeningkundige firma (ATC).
  3. Aan die einde van die driejaarklerkskap ondergaan jy ʼn professionele evaluasie-eksamen voordat jy ʼn lid van SAIPA word.

Volg hierdie skakel vir meer inligting met betrekking tot die vereistes om ʼn SAIPA-klerk te word.

 

Die Southern African Institute for Business Accountants (SAIBA) is ʼn erkende beheerliggaam en geregistreerde professionele liggaam vir besigheidsrekenmeesters. SAIBA het ʼn unieke inisiatief saam met Akademia van stapel gestuur, naamlik die SAIBA U²Pro-inisiatief wat studente in staat stel om ʼn professionele rekeningkundige benaming met hul kwalifikasie te behaal wanneer hulle gradueer.

Hoe werk die SAIBA U²Pro-inisiatief:

  1. Registreer by SAIBA as ʼn student vir die U²Pro-inisiatief.
  2. SAIBA laat geakkrediteerde tersiêre onderwysinstellings soos Akademia se graduandi toe om gratis studentetoegang tot die U²Pro-inisiatief te ontvang.
  3. Werkende graduandi: laai hul logboeke of goedgekeurde werkservaring op hul SAIBA-studentprofiele op.
  4. Werksoekende graduandi: doen aansoek om deel te neem aan die SAIBA- virtuele werkgereedheidprogram.
  5. Kwalifiserende graduandi sal eenjaarlidmaatskap en ʼn BA(SA)-benaming by SAIBA ontvang.

Volg hierdie skakel vir verdere inligting oor die SAIBA U²Pro-inisiatief.

Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (Financial Sector Conduct Authority – FSCA), voorheen bekend as die Raad op Finansiële Dienste (Financial Services Board – FSB), is die reguleerder vir die markgedrag van finansiële instellings wat finansiële produkte en dienste voorsien en gelisensieerd is ingevolge finansiëlesektor-wetgewing, insluitende banke, versekeraars, aftreefondse en administrateurs en ander finansiëlemark-infrastrukture. Die FSCA poog om die doeltreffendheid en integriteit van finansiële markte te verbeter en te ondersteun, en om finansiële klante te beskerm deur hul billike behandeling deur finansiële instellings te bevorder, asook om finansiële klante finansiële opvoeding te gee. Die FSCA help verder met die handhawing van finansiële stabiliteit in Suid-Afrika.

Finansiële diensteverskaffers, hulle sleutelpersone, verteenwoordigers en voldoeningsbeamptes moet voldoen aan die geskikte en behoorlike vereistes (fit and proper) volgens die FAIS-wet (Financial Advisory and Intermediary Services Act). Een van die vereistes is ʼn goedgekeurde minimum kwalifikasie wat aan die kandidaat die relevante kennis en vaardighede besorg om verantwoordelikhede ingevolge die FAIS-wet uit te voer. Die registrateur van die FSCA erken verskillende soorte kwalifikasies as toepaslik vir verskillende kategorieë van finansiëlediensteverskaffers, verteenwoordigers en sleutelpersone, asook vir verskillende soorte finansiële dienste en produkte.

Die insluiting van die BCom (Bestuursrekeningkunde) op die lys van erkende kwalifikasies ingevolge die geskikte en behoorlike vereistes, beteken dat studente wat die kwalifikasie voltooi het, voldoen aan die FAIS-wetlike vereiste vir ʼn kategorie I-IV- finansiële diensteverskaffer, verteenwoordiger, sleutelpersoon en voldoeningsbeampte.

Dit stel afgestudeerde studente in staat om in die finansiëledienstebedryf ʼn loopbaan te volg. 

 

FSCA-prent

KWALIFISEER EK OM LLM deur navorsing TE STUDEER?

FASES

Die doel van Rekeningkunde I is om kennis en begrip by die student te ontwikkel van die onderliggende beginsels en konsepte met betrekking tot finansiële rekeningkunde en tegniese vaardigheid in die gebruik van dubbelinskrywing rekeningkundige tegnieke, insluitend die opstel van basiese finansiële state. Rekeningkunde I vorm die grondslag vir Rekeningkunde II en Rekeningkunde III wat uiteindelik die student blootstel aan ʼn wye verskeidenheid tegnieke, kennis en vaardighede in die tegniese veld van finansiële rekeningkunde.

Die doel van die Kommersiële Reg-module is om studente toe te rus met ʼn stewige grondslag ten opsigte van die algemene beginsels van Suid-Afrikaanse handelsreg, wat studente in staat sal stel om verwante teorieë binne die kommersiële en besigheidsomgewing toe te pas.

Ná voltooiing van hierdie module behoort studente in staat te wees om die breë elemente van ekonomie en ekonomie in beide ʼn praktiese en teoretiese konteks te konseptualiseer, asook om studente die basis te bied wat nodig is om na meer gevorderde ekonomie oor te gaan. Die kennis wat studente ten opsigte van ekonomie opbou, vorm die teoretiese begronding vir die program as geheel, maar ook meer spesifiek vir sekere modules wat swaar steun op die grondkennis van die impak van ekonomiese terme en teorieë.

Ná voltooiing van hierdie module behoort studente in staat te wees om ʼn data-analiseprojek van projekbeplanning tot ontplooiing met voortdurende verbetering te bestuur. Die student sal in staat wees om duidelike doelwitte te definieer, die data wat geskik is vir die projek in te samel en te evalueer, dataverkenning en -voorbereiding uit te voer, voorspellende modelle te bou en te valideer en bevindinge te kommunikeer. Studente sal ook leer om met belanghebbendes saam te werk om modelle te ontplooi en prestasiemonitering op te stel, modelle en prosesse voortdurend te verbeter op grond van terugvoer en nuwe data te verbeter en die belyning van ontledingsresultate met besigheidsdoelwitte en belanghebbendevereistes te verseker.

Die doel van die module is om kennis en begrip van bestuursrekeningkundige tegnieke te ontwikkel om bestuur te ondersteun in die beplanning, beheer en monitering van prestasie in ʼn verskeidenheid besigheidskontekste. Bestuursrekeningkunde I en Bestuursrekeningkunde II vorm saam deel van die groter geheel van bestuursrekeningkunde en prestasiebestuur vanuit ʼn interne perspektief van ʼn besigheid.

ANDER INLIGTING

Hoewel die aanbevole minimum tydsduur twee jaar is, kan ʼn ervare navorser die program in ʼn jaar voltooi. Die maksimum toelaatbare tyd vir voltooiing is drie jaar.

Toelating tot die program:

  • ʼn LLB-graad (NKR-vlak 8) met ʼn minimum gemiddeld van 65% met betrekking tot die voorgeskrewe finalejaarmodules van die voorgraadse program.

Keuringsvereistes

Benewens die toelatingsvereistes, moet voornemende studente en die navorsing wat hul onderneem aan bepaalde keuringsvereistes voldoen alvorens die student tot die program toegelaat kan word.

Die vereistes waaraan die voorgestelde navorsing moet voldoen:

  • Akademiese meriete en haalbaarheid

Die vereistes waaraan die voornemende student moet voldoen:

  • Akademiese begronding
  • Kennis van die bepaalde veld waaruit die navorsing spruit
  • Uitstekende akademiese vaardighede, inbegrepe kritiese denke en skryf- en navorsingsvaardighede
  • Vermoë om onafhanklik navorsing te doen

Voornemende studente moet die volgende doen om bewys te lewer dat hulle aan die bostaande kriteria voldoen:

  • ʼn skriftelike motivering (woordbeperking: 1 000 woorde) indien om vir die LLM-program te registreer
  • ʼn Voorlopige navorsingsvoorstel (woordbeperking: 3 000 woorde) indien om bewys te lewer van die akademiese meriete en haalbaarheid van die voorgestelde navorsing, asook van die voornemende student se akademiese begronding, kennis van die bepaalde veld, vaardighede (ingesluit skryf- en navorsingsvaardighede) en die vermoë om onafhanklik te werk.

Besoek die betalingsopsies-blad vir die nuutste programkostes.

ALGEMENE INLIGTING EN GEREELDE VRAE

Wat is die doel van BCom (Rekeningkunde)

Die BCom (Rekeningkunde)-program is Akademia se antwoord op die Afrikaanse gemeenskap se oproep vir ʼn akademiese en Afrikaanse program wat die weg baan tot die gesogte titel: geoktrooieerde rekenmeester.

Die ACCA staan vir die Association of Chartered Certified Accountants oftewel die Vereniging van Geoktrooieerde Gesertifiseerde Rekenmeesters in Afrikaans. Die ACCA is ʼn internasionale beheerliggaam vir geoktrooieerde rekenmeesters wat onlangs by IRBA (Independent Regulatory Board for Auditors) in Suid-Afrika geakkrediteer is as een van twee liggame wat ʼn roete bied na die oudit-spesialisasieprogram vir voornemende geregistreerde ouditeure. Dit beteken dat lede met die ACCA-titel (Associate Chartered Certified Accountant oftewel Assosiaat Geoktrooieerde Gesertifiseerde Rekenmeester) by IRBA kan aansoek doen vir lidmaatskap en registrasie as registered auditor (RA) oftewel geregistreerde ouditeur (GO) waarna hulle dan beide titels, naamlik ACCA, RA, agter hul name kan voeg.

Deur met die ACCA saam te werk (d.m.v. akkreditasie), bied Akademia aan die Afrikaansprekende gemeenskap ʼn alternatiewe akademiese roete om by geoktrooieerde rekenmeesterskap uit te kom. Nie net is dit die alternatief op die tradisionele roete wat by universiteite in Suid-Afrika beskikbaar is nie, dit bring jou dadelik en direk in die globale arena van rekenmeesters wat dwarsoor die wêreld bekend is. Dit beteken byvoorbeeld dat jou kwalifikasie dadelik sonder enige oorgangseksamens erken word.

Die ACCA-akkreditasie sal vir Akademia se BCom (Rekeningkunde)-graduandi maksimum vrystelling van die ACCA- professionele eksamens bied. Studente sal voorkeurbehandeling by die ACCA geniet deur middel van Akademia se samewerking met die Suid-Afrikaanse ACCA-kantoor om die loopbaan tot geoktrooieerde rekenmeesterskap so glad en so spoedig moontlik te maak.

Akademia se BCom (Rekeningkunde)-program is spesifiek so ontwikkel om ten volle met die ACCA se modules en leeruitkomstes te belyn. Die ontwikkelingsfase is in samewerking met die Suid-Afrikaanse ACCA-kantoor aangepak om maksimum waarde en eenvormigheid daar te stel.

Die ACCA het ʼn streng en gedetailleerde proses wat gevolg word waarin voornemende vennote se programme geëvalueer word alvorens akkreditasie vir enige van die ACCA- professionele modules toegeken word. Buiten die toepaslikheid van die programstruktuur en -uitkomste, word daar noukeurig na ander aspekte van die volle BCom (Rekeningkunde)-program gekyk, insluitende volledige eksamenvraestelle wat deur BCom (Rekeningkunde)-studente afgelê sal moet word en uiteindelik werklik afgelê sal wees wanneer Akademia se eerste studente hulle derde jaar voltooi het. Omdat Akademia se program splinternuut is, moes daar vir die meeste van die program se modules voorlopige eksamenvraestelle opgestel word. Personeel van Akademia, in samewerking met eksterne konsultante, het vraestelle vir hierdie modules opgestel om aan die ACCA se vereistes te voldoen en dit dien tans by die akkreditasiekomitee van die ACCA.

Bestaande Akademia-modules wat reeds in ander programme is en wat aan die ACCA-vereistes voldoen, sal onmiddellik geakkrediteer word gebaseer op historiese inligting en afgehandelde vraestelle wat ingedien kon word. Aan die nuwe modules waarvoor voorlopige vraestelle opgestel moes word, sal voorlopige akkreditasie toegeken word. Hierdie voorlopige akkreditasie word dan volledige akkreditasie sodra die werklike vraestel wat studente skryf, en dus gepubliseer word, by die ACCA ingedien is vir finale hersiening en goedkeuring.

Die proses van akkreditasie by die ACCA is dus ʼn lang proses wat saam met elke eerste aanbieding van ʼn jaar van die BCom (Rekeningkunde) sal uitrol tot finale en volle akkreditasie vir alle relevante BCom (Rekeningkunde)-modules om maksimum vrystelling vir ACCA- professionele modules/vraestelle te bewerkstellig.

Daarna sal Akademia elke drie tot vyf jaar aansoek doen om die akkreditasie by die ACCA te hernu deur ʼn proses wat ʼn gedetailleerde hersiening van die inhoud van die BCom (Rekeningkunde)-program, historiese eksamens en ander vraestelle insluit. Dit beteken dat Akademia se BCom (Rekeningkunde)-program voldoen aan die hoë vereistes van die ACCA en dien dus ook as ʼn faktor wat gerusstelling bied aan die Akademia-gemeenskap en -alumni wat die gehalte en waarde van hulle kwalifikasies betref.

Akademia beplan om in die nabye toekoms die BCom (Rekeningkunde)-program ook op die kampusmodel uit te rol. Hou hierdie ruimte dop.

BLITSFEITE OOR DIE ACCA

  • Die ACCA is in 1904 gestig om toegang tot die rekenmeestersprofessie te verbreed, die vereniging beywer hulle lank reeds vir insluiting en hulle ondersteun vandag met trots ʼn diverse gemeenskap van meer as 252 500 lede en 526 000 toekomstige lede in 180 lande.
  • Die ACCA is wêreldwyd die voorkeurkeuse van werkgewers met ʼn Net Promoter-telling van +51,5 en 93% werkgewers wat saamstem dat die ACCA-kwalifikasie relevante vaardighede aan hul organisasies verskaf.
  • Die ACCA is die kampvegter vir die rol wat die professie in die uitbou van volhoubare ekonomieë en organisasies speel deur die Accounting for a better world-inisiatief en hulle teenwoordigheid by COP28.
  • Die ACCA het oudit-erkenning in Suid-Afrika en die Oekraïne verkry. Dit bied nuwe geleenthede vir geregistreerde ouditeurstatus vir ACCA-lede tesame met bestaande oudit-erkenning in die VK, Ierland en Zimbabwe.
  • Hulle het die ACCA Study Hub wêreldwyd ontplooi, wat uitstekende studiemateriaal en leerhulpbronne aan studente en tutors dwarsoor die wêreld verskaf.

DOEN NOU AANSOEK OM LLM deur navorsing TE STUDEER

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.