Gepubliseer op: 9 Julie 2025
Die LinkedIn-platform is ʼn waardevolle en uiters strategiese aanlyn hulpbron en jong werkendes kan beslis baie baat by ʼn volledige en aktiewe profiel. Só noem Salomien Boshoff, dosent: Bestuurswetenskappe, aan Akademia se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe.
Volgens Boshoff, ʼn bewese indiensnemingsvaardigheidspesialis, kan LinkedIn beskryf word as ʼn sosialemediaplatform met ʼn professionele baadjie wat dien as ʼn alles-in-een-bemarkingsinstrument. Laasgenoemde dien onder meer as ʼn verlengstuk van jou persoonlike handelsmerk, ʼn platform vanwaar netwerke uitgebou kan word, ʼn fasiliteerder van verhoudingsbou-aktiwiteite én ʼn digitale hutspot van hulpbronne en geleenthede. Ten einde hierdie platform effektief te benut, meen Boshoff dat veral jong werkendes ʼn geoptimaliseerde en doelgerigte strategie moet volg aan die hand van ʼn persoonlike leer- en inhoudstrategie.
Die STACK-raamwerk
Ten einde ʼn duidelike plan vir die bestuur en uitbouing van jou persoonlike handelsmerk te ontwikkel, stel Boshoff die STACK-raamwerk voor. Hierdie raamwerk dien as ʼn strategiese kompas om jou in staat te stel om jou LinkedIn-profiel op só ʼn mate te ontwikkel dat dit spreek tot jou outentieke self, jou professionele doelwitte, jou toekomsverwagtinge en uiteindelik jou plek binne ʼn bepaalde beroepsveld.
Die STACK-raamwerk sien soos volg daar uit:
Weet jy wie jy is en wat jou onderskei?
Gebruik die LinkedIn-platform se funksies strategies en tegnies doeltreffend.
Ontwikkel ʼn groei-ingesteldheid en leer voortdurend van die platform.
Skep relevante inhoud, verstaan jou beroepsveld en bou betekenisvolle verhoudings.
Wys jou kundigheid en waarde deur ʼn betroubare (en ingeligte) stem in jou beroepsveld te wees.
Gaan planmatig en met ʼn duidelike strategie te werk
Die goue draad wat volgens Boshoff met elk van die STACK-elemente vervleg is, is jou onderskeidende persoonlike ontwikkelingsdoelwit (ook genoem “massive transformative purpose”). Hierdie doelwit vervat méér as net ʼn tipiese visie en missie, en kan gelykgestel word aan ʼn persoonlike kerndoelwit wat aksie inspireer, kreatiwiteit bevorder en streef tot ʼn positiewe (en blywende) impak. In kort: ʼn stelling wat nie net spreek tot ʼn duidelike toekomsideaal nie, maar tot verandering in aksie – hetsy in jou persoonlike impaksfeer, jou gemeenskap of jou beroepsomgewing.
Deur jouself só goed te ken en bewus te wees van jou roepingstaak sal volgens Boshoff vir die nodige brandstof sorg om jou gemotiveerd tot jou toekomsreis te verbind. Dit sal voorts óók help om:
As aansporing te dien en só die beste vennote, beleggers en spanlede lok.
LinkedIn as ʼn waardetoevoegende tapisserie van netwerke
Die bekende Amerikaanse LinkedIn- en Google-werwer, Paul Drury, meen dat dié platform nie net die potensiaal het om toekomstige werksgeleenthede te ontsluit nie, maar ook om ʼn persoon se huidige werkservaring te verdiep. Hierdie verdieping is volgens Drury nie net te danke aan ʼn verbintenis tot verhoogde professionaliteit nie, maar ook aan die blootstelling wat jy in jou beroep- en vaardigheidsveld kan geniet. Boshoff stem heelhartig hiermee saam en voeg by dat in die geval van Akademia-afgestudeerdes, die instelling se alumni-netwerk ʼn belangrike professionele aanlyn gemeenskap verteenwoordig.
Sy sluit af deur te noem dat ʼn goeie en waardetoevoegende profiel die volgende sleutelrolle vervul:
Toegang tot nuwe kennis en beste praktyke.
As ʼn trotse Akademia-alumnus word jy hartlik uitgenooi om deel te vorm van die instelling se LinkedIn-gemeenskap en kan jy só op hoogte bly van alle nuwe institusionele verwikkelinge, nuus oor die prestasies van Akademia-personeellede en mede-alumni, sowel as opwindende loopbaangeleenthede.
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2025 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.