Inligtingsessie oor studie by Akademia
DATUM
15 Januarie 2026
TYD
18:00-19:30
Jou drome is binne jou bereik! Begin jou studiereis vandag nog.
Akademia is sedert 2012 ʼn akademiese tuiste wat verskeie oplossings aan studente bied. Studente het ʼn keuse tussen nauurse afstandstudie oor ʼn netwerk van sentrums of via e-leer en voltydse studie by die kampusse in Pretoria of die Paarl.
Kom vind meer uit oor jou studiemoontlikhede.
DIE PROGRAM VIR DIE INLIGTINGSESSIE
- ʼn Oorsig van Akademia
- Wat kan ek studeer?
- Hoe werk die klasbywoning?
- Hoe werk die aansoekproses?
- ʼn Vraag-en-antwoord sessie om enige knellende navrae te beantwoord.
HOE WERK DIE REGISTRASIEPROSES VIR DIE INLIGTINGSESSIE
- Jy moet vooraf registreer om toegang tot die inligtingsessie te verkry.
- Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik op Bespreek.
- Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
- Indien jy vir die aanlyn sessie registreer, sal die skakel na die aanbieding nader aan die tyd elektronies aan jou gestuur word. Hou gerus jou e-posse dop.
MEER OOR AKADEMIA SE ONDERRIGLEERMODELLE
Besoek gerus ons webblad vir meer inligting oor Akademia se onderrigleermodelle.
Akademia bied ʼn verskeidenheid hoëronderwysprogramme aan om jou loopbaan te verseker. Lees meer hier.
Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

