Inligtingsessie oor die nagraadse diplomas by Akademia in 2026
DATUM
Saterdag 15 November 2025
TYD
09:00-10:30
Beoog jy ʼn beroep as bestuursrekenmeester of ’n loopbaan in belasting?
Die nagraadse diplomas in onderskeidelik Bestuursrekeningkunde of Belasting sal jou toerus met die nodige vaardighede en kennis om hierdie drome na te streef.
Die Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde is ontwikkel om aan die student ʼn begrip te gee van die rekeningkundige prosesse en is bedoel om toelating tot die eksamens op strategiese vlak van CIMA te vergemaklik.
Die Nagraadse Diploma in Belasting rus studente toe met die kennis en vaardighede wat benodig word om ʼn belastingkenner te word wat in staat is om organisatoriese en individuele nakoming van die vereistes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Nasionale Tesourie te verseker.
Indien jy daarin belangstel om een van die bostaande programme in 2026 via die nauurse afstandsmodel by Akademia te studeer, woon die interaktiewe aanlyn inligtingsessie op Saterdag 15 November 2025 om 09:00 by.
DIE PROGRAM VIR DIE INLIGTINGSESSIE
- ʼn Oorsig van Akademia
- ʼn Oorsig oor die onderskeie programme
- Hoe werk die klasbywoning?
- Hoe werk die aansoekproses?
- Wat is die toelatingsvereistes?
- By watter professionele liggame word die programme erken?
ʼn Vraag-en-antwoord-sessie om enige knellende navrae te beantwoord.
Let asb. daarop dat hierdie sessie SLEGS die bogenoemde programme hanteer.
HOE WERK DIE REGISTRASIEPROSES VIR DIE INLIGTINGSESSIE?
- Jy moet eers vooraf registreer om toegang tot die inligtingsessie te verkry.
- Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik dan op Bespreek.
- Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
MEER OOR AKADEMIA SE ONDERRIGLEERMODELLE
Meer inligting oor die nauurse afstandsmodel is op die webblad beskikbaar.
Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE