*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

Inligtingsessie oor die Nagraadse Diploma in Bemarkingsbestuur

DATUM

12 Februarie 2026

TYD

18:00-19:00

Jou drome is binne jou bereik! Begin jou studiereis vandag nog.

Die Nagraadse Diploma in Bemarkingsbestuur het ten doel om studente toe te rus met huidige bemarkingsbestuursteorieë, toepaslike beginsels, kennis, vaardighede en bevoegdhede om probleme binne ʼn globale besigheidsbestuurskonteks te ontleed en op te los, en om kreatiewe en inspirerende leiers in die bemarkingsveld te word.

DIE PROGRAM VIR DIE INLIGTINGSESSIE
  • ʼn Oorsig van Akademia
  • ʼn Oorsig van die Nagraadse Diploma in Bemarkingsbestuur
  • Hoe werk die klasbywoning?
  • Hoe werk die aansoekproses?
  • ʼn Vraag-en-antwoordsessie om enige knaende navrae te beantwoord.
HOE WERK DIE REGISTRASIEPROSES VIR DIE INLIGTINGSESSIE?
  • Jy moet vooraf registreer om toegang tot die inligtingsessie te verkry.
  • Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik op “Bespreek”.
  • Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
  • Indien jy vir die aanlyn sessie registreer, sal die skakel na die aanbieding nader aan die tyd elektronies aan jou gestuur word. Hou gerus jou e-posse dop.
MEER OOR AKADEMIA SE ONDERRIGLEERMODELLE

Besoek gerus ons webblad vir meer inligting oor Akademia se onderrigleermodelle.

Akademia bied ʼn verskeidenheid hoëronderwysprogramme aan om jou loopbaan te verseker. Lees meer hier.

Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.