Search
Close this search box.

Inligtingsessie oor die Gevorderde Diploma in Projekbestuur by Akademia in 2025

DATUM

21 November 2024

TYD

18:00-19:30

Vorm projekte deel van jou daaglikse take? Vul jou professionele kundigheid aan met praktiese vaardighede in projekbestuur.

Kom kuier in Internasionale Projekbestuursmaand aanlyn saam met ons. Hier kan jy uitvind hoe Akademia se Gevorderde Diploma in Projekbestuur studente toerus om die beginsels van projekbestuur te verstaan en om dié beginsels in die praktyk toe te pas, sodat projekte suksesvol ontwikkel en bestuur kan word. Die program rus studente toe met kennis en vaardighede in projekbestuur, projekuitvoering en beheer, tydsbeplanning, kostebestuur, en projekkwaliteit en -risikobestuur.

Indien jy daarin belangstel om die Gevorderde Diploma in Projekbestuur in 2025 via die nauurse afstandsmodel by Akademia te studeer, woon die interaktiewe aanlyn inligtingsessie op Donderdag 21 November 2024 om 18:00 by.

DIE PROGRAM VIR DIE INLIGTINGSESSIE
  • ʼn Oorsig van Akademia
  • ʼn Oorsig oor die Gevorderde Diploma in Projekbestuur
  • Hoe werk die klasbywoning?
  • Hoe werk die aansoekproses?
  • Wat is die toelatingsvereistes?
  • ʼn Vraag-en-antwoord-sessie om enige knellende navrae te beantwoord.

 

Let asb. daarop dat hierdie sessie SLEGS die Gevorderde Diploma in Projekbestuur hanteer.

HOE WERK DIE REGISTRASIEPROSES VIR DIE INLIGTINGSESSIE
  • Jy moet eers vooraf registreer om toegang tot die inligtingsessie te verkry.
  • Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik op “Bespreek”.
  • Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
MEER OOR AKADEMIA SE NAUURSE AFSTANDSMODEL

Meer inligting oor die nauurse afstandsmodel is op die webblad beskikbaar.

Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.