Inligtingsessie oor

BComHons (Ondernemingsbestuur)

aan Akademia in 2026

DATUM

Donderdag
20 November 2025

TYD

17:30-19:00

Beoog jy ʼn beroep as ʼn algemene of operasionele bestuurder, besigheidsanalis of spanleier?

Die BComHons (Ondernemingsbestuur)-program rus studente toe met die nuutste ondernemingsbestuurskennis, -vaardighede en -bevoegdhede om probleme binne ʼn globale besigheidbestuurskonteks te ontleed en op te los. Hierbenewens word studente voorberei om navorsingsmetodologie en -tegnieke te gebruik om impakvolle navorsing binne die ondernemingsbestuursveld te doen en gevolglik ʼn waardetoevoegende navorsingsverslag te skryf én voor te lê.

Die program stel die student bloot aan kernbestuurstake sowel as ondersteunende bestuursfunksies. Dit sluit beplanning, organisering, leiding, en beheer van strategieë, verandering, geïntegreerde voorsieningskettings en finansies in. Dit voorsien ook in die bedryf se behoefte aan werknemers met navorsingsvermoëns, kritiese denke en analitiese en probleemoplossingsvaardighede. 

Indien jy daarin belangstel om die bostaande program in 2026 via die nauurse afstandsmodel by Akademia te studeer, woon die interaktiewe aanlyn inligtingsessie op Donderdag 20 November 2025 om 17:30 by.

DIE PROGRAM VIR DIE INLIGTINGSESSIE
  • ʼn Oorsig van Akademia.
  • ʼn Oorsig van die program.
  • Hoe werk die klasbywoning?
  • Hoe werk die aansoekproses?
  • Wat is die Toelatings- en keuringsvereistes?
  • By watter professionele liggame word die programme erken?
  • ʼn Vraag-en-antwoordsessie om enige knaende navrae te beantwoord. 


Let asb. daarop dat hierdie sessie SLEGS die bogenoemde programme hanteer.

HOE WERK DIE REGISTRASIEPROSES VIR DIE INLIGTINGSESSIE?
  • Jy moet vooraf registreer om toegang tot die inligtingsessie te verkry.
  • Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik dan op Bespreek.
  • Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
MEER OOR AKADEMIA SE VOLTYDSE KAMPUSMODEL

Meer inligting oor die voltydse kampusmodel is op die webblad beskikbaar.

Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.