Inligtingsessie oor BAHons (Media en Kommunikasie) by Akademia in 2026

DATUM
Donderdag
16 Oktober 2025

TYD
17:30-19:00
Beoog jy ʼn beroep as joernalis of media- of kommunikasiebestuurder óf in die uitgewerswese óf sosiale media?
Die BAHons (Media en Kommunikasie) gee aan studente die geleentheid om in Strategiese Kommunikasiebestuur óf Joernalistiek te spesialiseer. In albei strome word die dinamiese verhouding tussen teorie en praktyk deurgaans beklemtoon, sodat afgestudeerde studente nie bloot vaardig is nie, maar ook krities kan besin oor die media- en kommunikasiebedryf om sinvolle en positiewe bydraes te maak.
Benewens die klem op teoretiese kennis en praktiese en bedryfsgerigte vaardighede, fokus die program ook op die ontwikkeling van vaardighede wat media- en kommunikasiepraktisyns nodig het om in die 21ste eeu in die werkplek te funksioneer, soos digitale en datageletterdheid, die vermoë om doeltreffend te kommunikeer, saam te werk oor dissiplines heen, kritiese en sosio-emosionele vaardighede, asook die vermoë om komplekse inligting te verwerk en ʼn hoë kognitiewe werklading te bestuur.
Indien jy daarin belangstel om die program in 2026 voltyds by die Pretoria-kampus te studeer, woon die interaktiewe aanlyn inligtingsessie op Donderdag 16 Oktober 2025 om 17:30 by.
DIE PROGRAM VIR DIE INLIGTINGSESSIE
- ʼn Oorsig van Akademia.
- ʼn Oorsig van die onderskeie programme.
- Hoe werk die klasbywoning?
- Hoe werk die aansoekproses?
- Wat is die toelatingsvereistes?
ʼn Vraag-en-antwoord-sessie om enige knellende navrae te beantwoord.
Let asb. daarop dat hierdie sessie SLEGS die bogenoemde program hanteer.
HOE WERK DIE REGISTRASIEPROSES VIR DIE INLIGTINGSESSIE?
- Jy moet vooraf registreer om toegang tot die inligtingsessie te verkry.
- Registreer deur op hierdie skakel te klik. Voltooi dan die vorm deur jou kontakbesonderhede in te vul, en klik dan op Bespreek.
- Sodra jy suksesvol geregistreer het, sal jy ʼn e-pos ter bevestiging ontvang.
MEER OOR AKADEMIA SE VOLTYDSE KAMPUSMODEL
Meer inligting oor die voltydse kampusmodel is op die webblad beskikbaar.
Kom vind meer uit oor die Akademia-netwerk – ʼn netwerk van kennis, vriende en werksgeleenthede.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE